Op Maandag 8 Mei 2025 sal dit presies 100 jaar wees sedert Afrikaans ’n amptelike taal van Suid-Afrika geword het.
Afrikaanse organisasies, instansies, maatskappye, skole en enigiemand anders wat Afrikaans as inheemse taal koester, word genooi om by Afrikaans 100-feesvieringe betrokke te raak deur hul eie inisiatiewe van stapel te stuur om dié groot geleentheid te vier.
Op Maandag 8 Mei 2023 het ’n oorsigkomitee, met Theuns Eloff as voorsitter en Michael Jonas as ondervoorsitter, ’n program van stapel gestuur wat dit moontlik gaan maak vir instansies om deel te neem en seker te maak dat die feesjaar ’n positiewe, opbouende ervaring vir alle lede van die Afrikaanse gemeenskap sal wees, asook vir enige ander Suid-Afrikaners, hier en elders, wat met hierdie feesvieringe te doen kry.
Freek Robinson het met Theuns Eloff gesels oor hierdie inisiatief, oor die stand van Afrikaans, en die noodsaak van moedertaalonderrig.
“Wat kan ander inheemse tale by Afrikaans leer?” het Robinson ook aan Eloff gevra.Minder tonen
Laat een reactie achter