• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Finale Oproep om Referate 4de Internasionale Afrikaansgrammatikawerkwinkel

6 juni 2023 door Redactie Neerlandistiek Reageer

Download Afrikaans

Download Engels


Die vierde aflewering van die tweejaarlikse Afrikaansgrammatikawerkwinkel (AGW) word vanjaar deur die Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika, aangebied. Dit volg op hoogs suksesvolle vorige werkwinkels in Johannesburg (2016), Gent (2018) en Amsterdam (2021). Soos die vorige werkwinkel, sal hierdie een ʼn hibriede geleentheid wees: Werkwinkeldeelnemers sal aanlyn of in persoon by 26 Degrees South Hotel in Muldersdrift, Gauteng, Suid-Afrika, hul referate kan lewer.

Die werkwinkel het ten doel om navorsers wat Afrikaanse grammatika vanuit verskillende teoretiese en metodologiese perspektiewe bestudeer, bymekaar te bring. Ons verwelkom bydraes oor enige aspek van die Afrikaanse grammatika, insluitend leksikologie, ortografie, fonologie, morfologie, sintaksis, semantiek en pragmatiek. Referate wat die Afrikaanse grammatika met ander WesGermaanse of onverwante tale se grammatikas vergelyk, word ook verwelkom, asook referate oor die diachroniese ontwikkeling van Afrikaanse grammatika, die rol van taalkontak op die grammatika en hedendaagse grammatikale variasie.

Ons is ook bevoorreg om ons twee hoofsprekers aan te kondig:
– Frank Hendricks (Universiteit van Wes-Kaapland, Suid-Afrika)
– Timothy Colleman (Universiteit Gent, België)

Soos in die verlede word alle aanbiedings in Engels gelewer. Meer besonderhede oor die venue, kostes en ander logistieke reëlings sal vanaf Junie 2023 op die AGW-webblad beskikbaar gestel word: https://viva-afrikaans.org/portale/inligtingsportaal-reg/afrikaansewerkswinkel.
Vanjaar se AGW stel twee nuwe innovasies bekend:

  1. Ewekniebeoordeelde konferensiepublikasie: Deelnemers het die opsie om óf slegs ʼn referaat te kom lewer, óf hulle kan ook hul referaat verwerk na ʼn vollengte artikel vir die digitale konferensiepublikasie. Elke artikel wat vir die konferensiepublikasie voorgelê word, sal deur twee anonieme beoordelaars beoordeel word en ook ʼn ISBN-nommer kry. Dit sal mettertyd op die AGW-webblad beskikbaar gestel word. Kyk ook die afdeling oor belangrike datums hier onder.
  2. Ideesessie: Studente en navorsers wat nuwe idees met betrekking tot hul navorsingsprojekte of data wil deel, sal die geleentheid hê om dit tydens ʼn 10-minuutideesessie (met genoegsame besprekingstyd) te doen. Dit is ʼn waardevolle geleentheid vir beide ontluikende en gevestigde navorsers om nuwe idees aan die gehoor te toets, samewerkingsgeleenthede te soek, ens.

    Ons nooi navorsers in alle stadiums van hul loopbane, insluitend (nagraadse) studente, uit om opsommings vir een van die volgende kategorieë in te dien:

Opsommings

  • Outeurs/aanbieders in al drie bostaande kategorieë moet ʼn opsomming indien.
  • Opsommings moet tussen 300 and 500 woorde wees, insluitend voorbeelde en
    bronverwysings.
  • Dien asseblief die opsomming in Microsoft Word (of ander versoenbare) formaat in, met
    minimale formatering (d.w.s. vermy die gebruik van jou eie styl).
  • Alle opsommings moet aanlyn via EasyChair ingedien word voor 23:59 (SAST) op 15 Junie
    2023: https://easychair.org/conferences/?conf=agw2023.
  • Wanneer jy die opsomming indien, sal daar van jou verwag word om aan te dui aan watter
    kategorie die opsomming behoort (d.i. referaat en artikel, gewone referaat of ideesessie).
    Daar sal ook van jou verwag word om bykomende metadata, soos trefwoorde, te verskaf.
  • Skrywers wat meer as een opsomming wil indien, moet asb. ʼn aparte aanlyn indieningsvorm
    vir elke opsomming voltooi.
  • Alle opsommings gaan deur ʼn ewekniebeoordelingsproses, en die finale besluit sal deur die
    organiseringskomitee geneem word. Moet asseblief nie enige verwysing na jou naam of ander
    persoonlike inligting in die dokument wat jy oplaai, insluit nie, aangesien die
    ewekniebeoordelingsproses anoniem geskied.

Vollengte artikels

  • Slegs skrywers wat aangedui het dat hulle ʼn vollengte artikel wil indien, en wie se opsomming
    aanvaar is, sal vereis word om ʼn vollengte artikel vir die publikasie in te dien.
  • Die vollengte artikel moet tussen 4 000 en 6 000 woorde wees, insluitend voorbeelde en
    bronverwysings.
  • Verdere instruksies, insluitend ʼn Microsoft Word-sjabloon, sal verskaf word aan skrywers wie
    se opsommings aanvaar is.

Programkomitee

  • Gerhard van Huyssteen (Noordwes-Universiteit)
  • Marc van Oostendorp (Meertens Instituut, Nederland)
  • Frans Hinskens (Meertens Instituut, Nederland)
  • Timothy Colleman (Universiteit Gent, België)
  • Andries Coetzee (Universiteit van Michigan)

Kontakbesonderhede

  • Monique Rabé: Sameroeper – Plaaslike organiseringskomitee: 25901834@g.nwu.ac.za
  • Gerhard van Huyssteen: Sameroeper – Programkomitee: gerhard.vanhuyssteen@nwu.ac.za
  • Adri Breed: Sameroeper – Redaksionele komitee: adri.breed@nwu.ac.za

Logistieke reëlings

Werkwinkelkoste
Registrasie sal gratis wees vir alle aanbieders met aanvaarde opsommings en alle deelnemers wat aanlyn wil bywoon. Vir aanbieders wat in persoon bywoon, dek dit registrasie, middagetes en bywoning van die galadinee. Vir individue wat in persoon wil bywoon, maar nie ʼn referaat gaan lewer nie, sal ʼn werkwinkelfooi van R1 170 bywoning vir beide die dae dek.

Akkommodasie
Indien jy by die konferensievenue wil oornag, kan jy bespreek sodra jy ʼn kennisgewing van
aanvaarding gekry het.
Neem asb. kennis dat alle deelnemers verantwoordelik is vir hul eie verblyfkostes.
E-pos: Johanna Monama by bookings@26dsouth.co.za / info@26dsouth.co.za
Telefoonnommer: (010) 110 0802
Webtuiste: https://26dsouth.co.za/
Wanneer jy ʼn bespreking maak, dui asseblief aan dat jy die werkwinkel gaan bywoon, aangesien spesiale fooie in hierdie verband onderhandel is.

Delen:

  • Klik om af te drukken (Opent in een nieuw venster) Print
  • Klik om dit te e-mailen naar een vriend (Opent in een nieuw venster) E-mail
  • Klik om te delen op Facebook (Opent in een nieuw venster) Facebook
  • Klik om te delen op WhatsApp (Opent in een nieuw venster) WhatsApp
  • Klik om te delen op Telegram (Opent in een nieuw venster) Telegram
  • Klik om op LinkedIn te delen (Opent in een nieuw venster) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Nieuws Tags: Afrikaans

Lees Interacties

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Sint Nicolaas

Zie eens, Mietje! wat al lekkers
U, Sint Nicolaas al bragt;
Omdat ge’ als gehoorzaam Meisje,
Uw verpligting hebt volbragt.

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Chris van Geel

De koeien schemeren door de heg,
het paard is uit taaitaai gesneden,
in ieder duindal ligt dun sneeuw.

De branding vlecht een veren zee
waar zon over omhoog stijgt, licht waarin
geen plaats om uit te vliegen is.

Bron: Uit de hoge boom geschreven, 1967

➔ Bekijk hier alle citaten

Agenda

11 december 2025: Anne Frank, schrijfster

11 december 2025: Anne Frank, schrijfster

3 december 2025

➔ Lees meer
11 december 2025: Proefcollege Nederlands

11 december 2025: Proefcollege Nederlands

2 december 2025

➔ Lees meer
5 december 2025: Intreerede Jolyn Philips

5 december 2025: Intreerede Jolyn Philips

28 november 2025

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1946 Dick Wortel
➔ Neerlandicikalender

Media

Dichter Esther Jansma (24 december 1958-23 januari 2025)

Dichter Esther Jansma (24 december 1958-23 januari 2025)

2 december 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
De postkoloniale podcast met Remco Raben over Pramoedya Ananta Toer

De postkoloniale podcast met Remco Raben over Pramoedya Ananta Toer

30 november 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Peter van Zonneveld over Tjalie Robinson/Vincent Mahieu (1993)

Peter van Zonneveld over Tjalie Robinson/Vincent Mahieu (1993)

29 november 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2025 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
 

Reacties laden....
 

    %d