Kontrapunt: Kontrastiewe en komparatiewe perspektiewe op die Afrikaanse en Nederlandse taal- en literatuurstudie
Congres 2017 van de Zuid-Afrikaanse Vereniging voor Neerlandistiek
Chiaroscuro in die skilderkuns behels die onthullende spel van lig en skadu. Die een kan nie sonder die ander bestaan nie. Deur die kontras van ’n ligte figuur teen ’n donker agtergrond, en omgekeerd, word daardie figuur op ’n openbarende manier afgeteken. In hierdie beeld lê die kern van die kongrestema opgesluit, naamlik kontrapuntale samehang in en om die Neerlandistiek. Die gesprek is daarop gerig om binne die konteks van die komparatisme die kontraste sterker te belig, maar dus steeds met aandag aan ooreenkomste en gemene delers.
Voorgestelde velde en subtemas: Vergelykende taal- en letterkunde; Kontrastiewe taalkunde; Sosiolinguistiek; Historiese taalkunde; Literêre geskiedskrywing; Postkoloniale studies; (De)kolonialisering; Digitisering en digitalisering; Digitale humaniora.
Spesiale nommers van Tydskrif vir Geesteswetenskappe en Tydskrif vir Nederlands en Afrikaansword aan die kongres gekoppel. Die bedoeling is dat ’n gevorderde weergawe van ’n artikel by die kongres as referaat aangebied word. Deelnemers kan besluit by watter een van die bogenoemde tydskrifte die artikel voorgelê word.
Laat een reactie achter