• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Oproep vir Referate: ALV-Kongres 2018

17 november 2017 door Redactie Neerlandistiek Reageer

ALV-kongres 2018
Antjie Krog en die vele raamwerke van die Afrikaanse literatuurwetenskap
EERSTE OPROEP VIR REFERATE

U word hartlik uitgenooi om voorstelle vir bydraes tot die agtiende hoofkongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV) voor te lê. Kongresgangers kom in 2018 van 12 tot 14 September by die Universiteit Stellenbosch se Wallenberg-navorsingsentrum van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS, http://stias.ac.za) byeen. Hierdie kongres is deel van die eeufeesviering van die Universiteit Stellenbosch.

In 2018 word die kongres op twee onderwerpe toegespits, naamlik die werk van Antjie Krog en die verskeidenheid raamwerke waarbinne die Afrikaanse literatuurwetenskap beoefen word (en ook in die verlede beoefen is):

Skrywersfokus: Antjie Krog

Antjie Krog is een van die mees gesiene digters en skrywers in die Afrikaanse letterkunde en dit val gereeld op dat haar kreatiewe skryfwerk, maar ook haar joernalistieke werk, haar essays en vertalings, en haar rol as openbare intellektueel en kommentator in die teken staan van die onsekere pad vorentoe vir sowel Afrikaans as vir die meertalige Suid-Afrika. Haar werk word ook binne die internasionale gemeenskap gereken. Krog se literêre werk gaan in op dwingende aspekte van die hedendaagse Suid-Afrikaanse gemeenskap en sluit in postapartheid, Afrikaans, meertaligheid, die filosofie van die Ander, transformasie, outentisiteit, ekokritiek, medemenslikheid, eienaarskap in al sy fasette, gender, swart bemagtiging, trauma, emansipasie, rassisme, hibriditeit, geweld en erotiek, die kollektiewe geheue, koloniale en postkoloniale geskiedenis, dekolonisering. Krog se oeuvre kan op uiteenlopende maniere benader word, soos onlangse studies aantoon (byvoorbeeld Ons ongehoorde soort: beskouings oor die werk van Antjie Krog asook Antjie Krog and the post-Apartheid Public Sphere; ‘baie worde’: identiteit en transformasie by Antjie Krog en Antjie Krog: An Ethics of Body and Otherness). Haar tekste vra dan ook om ʼn multidissiplinêre benadering. Daar is die digter en skrywer, maar ook die vertaler, dramaturg, akademikus, joernalis, openbare intellektueel, feminis, Afrikaner, ambassadeur.

ALV-kongresgangers is welkom om referaatvoorstelle voor te lê wat aansluit by bogenoemde of wat selfs ander aspekte van Krog se werk as fokus het.

Die vele raamwerke van die Afrikaanse literatuurwetenskap

Een van die moontlike benaderings tot die werk van Antjie Krog is om histories na te gaan watter teoretiese raamwerke al benut is om haar werk te bestudeer. Die 2018-kongres van die ALV is ʼn geleentheid om wyd te besin oor die teoretiese raamwerke waarbinne die Afrikaanse literatuurwetenskap tans bedryf word en ook in die verlede beoefen is. Referate kan op ʼn konseptuele en historiese vlak ondersoek na die onderskeie raamwerke instel aan die hand van ʼn verskeidenheid vrae wat insluit:

  • Oor watter aspekte van die Afrikaanse literatuur en oor watter soorte literatuur word daar tans ondersoek gedoen?
  • Wat behels die verskillende raamwerke wat tans gebruik word?
  • Watter raamwerke is in die verlede in die Afrikaanse literatuurstudie gebruik?
  • Watter raamwerke word tans in die Afrikaanse literatuurstudie gebruik?
  • Is die aanwending van verskillende raamwerke verbygaande modeverskynsels of groei hulle uit mekaar of volg hulle noodwendig op mekaar?
  • Hoe is die verskillende raamwerke verbind met mekaar?

Kongresgangers is welkom om byvoorbeeld op ’n praktiese vlak demonstrasies te gee van die nut en funksionering van hierdie raamwerke in besprekings van spesifieke literêre tekste, byvoorbeeld van Antjie Krog maar ook van ander skrywers, digters en dramaturge. Die gedagte is dat die kongres ʼn staalkaart van die mees gebruiklike raamwerke sal oplewer. Die raamwerke kan leesbenaderings sowel as genre-verwante en selfs tematiese invalshoeke insluit, waarvan hieronder slegs enkele moontlikhede onder vele genoem word:

  • Ekokritiek
  • Posthumanisme
  • Dierestudies
  • Nuwe materialisme
  • Psigoanalitiese kritiek
  • Teorieë oor gender en seksualiteite
  • Modernisme / Postmodernisme / Metamodernisme
  • Genrestudie (ʼn fokus op die teorievorming rondom bepaalde genres en subgenres)
  • (Outo)biografie-studie
  • Sisteemteoretiese benaderings
  • Teorievorming oor literêre historiografie
  • Die Afrikaanse literatuur binne wêreldverband
  • Komparistiek (onder meer vergelykings tussen literatuur en visuele kuns, literatuur en musiek)

Referaatvoorstelle van ongeveer 250 woorde (met vermelding van die referaattitel, die naam en e-posadres van die persoon wat die referaat sal aanbied asook die betrokke affiliasie) word ingewag tot en met 16 Mei 2018. Die adres vir alle korrespondensie is: alv2018@sun.ac.za

ALV-kongreskomitee:

 Louise Viljoen; Alfred Schaffer; Andries Visagie; Yves T’Sjoen

Delen:

  • Klik om af te drukken (Opent in een nieuw venster) Print
  • Klik om dit te e-mailen naar een vriend (Opent in een nieuw venster) E-mail
  • Klik om te delen op Facebook (Opent in een nieuw venster) Facebook
  • Klik om te delen op WhatsApp (Opent in een nieuw venster) WhatsApp
  • Klik om te delen op Telegram (Opent in een nieuw venster) Telegram
  • Klik om op LinkedIn te delen (Opent in een nieuw venster) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Artikel Tags: Afrikaans, Antjie Krog, framing, literatuurwetenschap

Lees Interacties

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Tom Graftdijk • De electrische stoel (2)

er is altijd wel iemand
te vinden die naar je luistert
maar geen antwoord geeft een beetje
voor zich uit lacht

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Chris van Geel

Gewoon als ieder beest
belust op prooi, niets meer,
niets minder –
wat zeggen wil: bekaf.

Bron: Het Zinrijk, 1971

➔ Bekijk hier alle citaten

Agenda

6 februari 2026: Towards New Horizons of Scholarly Publishing

6 februari 2026: Towards New Horizons of Scholarly Publishing

17 december 2025

➔ Lees meer
28 december 2025: Zesde editie van Winterzinnen

28 december 2025: Zesde editie van Winterzinnen

16 december 2025

➔ Lees meer
14 januari – 6 maart 2026: Workshop Slimmer zoeken in Delpher

14 januari – 6 maart 2026: Workshop Slimmer zoeken in Delpher

10 december 2025

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1904 Gustaaf van Es
1907 Garmt Stuiveling
sterfdag
2014 Leo Ross
➔ Neerlandicikalender

Media

Willem Otterspeer over Michaël Zeeman

Willem Otterspeer over Michaël Zeeman

21 december 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Historische klassiekers: Anna Bijns

Historische klassiekers: Anna Bijns

21 december 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Het verdwenen botje van Sint-Werenfridus

Het verdwenen botje van Sint-Werenfridus

18 december 2025 Door Redactie Neerlandistiek 2 Reacties

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2025 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d