Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) stel op 21 Mei 2020 Taalportaal en Taalonderrigportaal bekend.
Hierdie geleentheid sal op Donderdagoggend 21 Mei vanaf 10:00 – 11:00 aanlyn plaasvind.
Die gasspreker tydens hierdie geleentheid is dr Theuns Eloff van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), en ná sy spreekbeurt sal ’n kort paneelbespreking plaasvind waar die belangrikheid en rol van digitale onderrig en digitale hulpmiddels in ’n moderne era aan bod sal kom.
Die paneellede bestaan uit:
- Prof Jako Olivier – Noordwes-Universiteit (NWU)
- Daan Potgieter – Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON)
- Merlyn van der Rheede – Afrikaanse Taalraad (ATR)
- Dr Michele van der Merwe – Universiteit Stellenbosch (US)
- Jacques du Toit – Universiteit van Suid-Afrika (UNISA)
RSVP teen 15 Mei 2020 by Alizma Prinsloo (navraag@viva-afrikaans.org) indien u graag hierdie geleentheid wil bywoon.
Laat een reactie achter