U word hartlik uitgenooi na die aanlyn viering van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se 95ste verjaarsdag en die bekendstelling van deel XVI van die WAT.
Datum: Donderdag 6 Mei 2021
Tyd: 19:00
Klik op Donderdag 6 Mei om 19:00 op hierdie YouTube-skakel om deel van hierdie besondere geleentheid te wees
Program Verwelkoming: Dr. Willem Botha Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur van die WAT Die WAT word 95: Prof. Rufus Gouws Ondervoorsitter van die WAT Direksie ’n Woord van die WAT Trust: Mnr. Johan Holtzhausen Voorsitter van die WAT Trust Bekendstelling van WAT XVI: Dr. Frikkie Lombard Eindredakteur Mev. Alet Cloete Senior Mederedakteur Kaapse Afrikaans in die WAT: Dr. Gerda Odendaal Mederedakteur Klavieruitvoering: Ying-Shan Tseng Sang: Ying-Shan Tseng begelei deur José Dias |
Laat een reactie achter