Gewewe die huidige onsekerheid oor die internasionale ekonomie, en gebaseer op wat ons gehoor het van die Afrikaanse taalkundegemeenskap, het ons besluit om planne met betrekking tot vanjaar se werkwinkel te wysig, sodat dit slegs aanlyn aangebied sal word. As gevolg van hierdie verandering in die formaat van die werkwinkel het ons ook die sperdatum vir die indiening van opsommigs uitgestel tot Maandag 21 April.
Grammatika
Die vyfde aflewering van die tweejaarlikse Afrikaansgrammatikawerkwinkel (AGW) word vanjaar deur die University of Michigan, VSA, aangebied. Dit volg op hoogs suksesvolle vorige werkwinkels in Suid-Afrika (2016, 2023), België (2018) en Nederland (2021).
Die werkwinkel het ten doel om navorsers wat Afrikaanse taalkunde vanuit verskillende teoretiese en metodologiese perspektiewe bestudeer, bymekaar te bring. Ons verwelkom bydraes oor enige aspek van die Afrikaanse taalkunde, insluitend leksikografie, ortografie, fonologie, fonetiek, morfologie, sintaksis, semantiek en pragmatiek. Referate wat die Afrikaanse grammatika met ander Wes-Germaanse of onverwante tale se grammatikas vergelyk, word ook verwelkom, asook referate oor die diachroniese ontwikkeling van Afrikaanse grammatika, die rol van taalkontak op die grammatika en hedendaagse grammatikale variasie.
Ons is ook bevoorreg om ons twee hoofsprekers aan te kondig:
- Paul Roberge (University of North Carolina at Chapel Hill, VSA)
- Adri Breed (Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika)
Taal van aanbieding: Soos in die verlede word alle aanbiedings in Engels gelewer.
Lengte van voordragte: Alles voordragte sal 20 minute lank wees, met ’n addisionele 10 minute vir vrae en antwoorde.
Ewekniebeoordeelde konferensiepublikasie: Deelnemers het die opsie om óf slegs ’n referaat te lewer, óf om ook hul referaat te verwerk na ’n vollengte artikel vir die digitale konferensiepublikasie. Elke artikel wat vir die konferensiepublikasie voorgelê word, sal deur twee anonieme beoordelaars beoordeel word en ook ’n ISBN-nommer kry. Dit sal mettertyd op die AGW-webblad beskikbaar gestel word.
Studente en junior navorsers: Ons nooi veral studente en junior navorsers uit om voorstelle in te dien, ingeslote voorstelle van werk wat nog onderweg is, of wat gebaseer is op ’n navorsingsvoorstel. AGW bied ’n uitstekende geleentheid vir studente en junior navorsers om terugvoer te ontvang op hulle navorsingsplanne.
Meer informatie: Viva
Laat een reactie achter