Conversatie met Antjie Krog

De inleidende tekst met de opzet van de gesprekkenreeks over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach staat hier. Telkens leg ik de gespreksgenoten vijf vragen voor over hoe zij zich in hun dichtwerk verhouden tot de lyriek van Breytenbach.
YT: Antjie, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de ‘late style’ in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?
AK: My ouers het alle letterkunde gekoop wat in Afrikaans verskyn het. Ek was standerd 4 (graad 6 – elf jaar oud) toe die ysterkoei moet sweet verskyn het. My ma het my geroep en in ekstase vir my die gedig “nagmaal” gelees en tot vandag toe is dit my absolute gunstelinggedig en gebruik ek dit oral en altyd as ek moet klasgee oor Breyten. Die gedig het ALLES: verbysterende beelde, diepe musiek, gereelde omswaai/wegswaai van emosie wat dan teruggeruk word deur ’n uitbreidende, heerlike refrein, die konsep van die Christelike nagmaal wat lieflik omdraai na die Zen-konsep van die dood is die verrotting, maar ook die lewe.
Behalwe die gedig self, was die voorkoms van die digbundel ’n volkome visuele mindfuck. Digbundels het sober gelyk in daardie tyd. Smal, onversierde, beheersde buiteblaaie.

Breyten se bundel was van ’n vreemde grootte, die grusame onverstaanbare prent op die voorblad, die afwesigheid van hoofletters, dan stel hy homself nogal voor in die eerste gedig, bid vir homself in ’n ander, gebruik ekkerig sy eie naam… dit was ook die eerste keer dat ek die woord kak in druk gesien het (“laat die sluwe bitter eende op my graf kak”), of soveel erotiese suggesties kon lees! Daar is ’n gedig in met hoofsaaklik NET klanke. “Die tweegeveg”: “Kleng jaa tjeng tjang tjeng kleng” oor ’n swaardgeveg met die wonderlike einde: “Aaaaaaaaaaaaaaaaaaaa / (ek voel sy swaard soos ’n graat in my gorrel)”; ’n ander gedig getiteld “hiiiiieeeeeee” wat sê: “dié patatranke langs die spoorlyn / hoe séér / moet hulle ore net nie wees nie”. Crazy! Dit alles was ’n radikale wegbreek van alles waaraan ons gewoond was van digters en digbundels. Mens het na jou asem gesnak en dit was heerlik.
Omdat ek reeds op skool geskryf het, het Breyten se opvolgende bundels: Die huis van die dowe en Kouevuur vanselfsprekend ’n enorme invloed op my gehad. Die hantering van vrye vers, die onbeskaamde stem, die oopskryf van letterlik alles.
Tog het sy werk heftige roeringe op die platteland veroorsaak. Op skool moes ons ’n bloemlesing maak met alles wat ons lees wat vir ons besonders is. Ek het ’n paar van Breyten se gedigte ingeskryf waardeur my Afrikaanse onderwyser woedend strepe deur getrek het. Op universiteit het ons Afrikaanse dosent, Jack Verster, op ’n dag die klas ingestorm met Lotus en vir ons, ook met groeiende opwinding, gedigte daaruit gelees – ek onthou nog hoe hy oor en oor die woorde “van wagadugu tot samarkand” kopskuddend gesê het en “die klank, God die klank hiervan”. Wel, Jack Verster is deur die rektor ingeroep omdat ’n ouer kom kla het dat sy kind ’n terroris soos Breytenbach se gedigte moes aanhoor. Dit is dus dadelik gestop.
Ek onthou ook ’n tafelgesprek tussen volwassenes in die sewentigerjare wat geëis het dat Breyten vasgemaak behoort te word op die voorste kanon wat oor die grens gaan.
Hiermee wil ek dus sê. Breyten was vir my radikaal op twee fronte: as digter en as mens wat opstaan teen onreg.
YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zenboeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?
AK: Die Zenboeddisme het my uitermate geboei omdat dit so vreemd was, eintlik meestal onverklaarbaar en onlogies vanuit die konteks waarin ek grootgeword het en tog in sy gedigte so ’n eenvoud kry.
ek is so lug jy vlieg deur my
sonder jou is ek sonder patroon
want jy is die eiesinnigheid van my liggaam
sover reeds verby
dat ek skaamteloos om ontbinding bid
Hiermee saam was die surrealisme wat ek eindeloos bewonder het en sonder enige sukses jare lank self probeer aankweek het. Ek vermoed nou dat ’n mens ’n soort “onlogiese oog” vir surrealisme moet hê! Maar Breyten het alles gehad: daar was die verruklike logika van sommige beelde: ’n ribbetjie-maer veld en dan ook die ander soort: “om te kan skree soos ’n vis / met ’n tong soos ’n hibiskus in die wind”… Maar dit is hoe hy sy verlange na Afrika en Suid-Afrika, die Boland, sy ouers, ooms, sy geliefdes vanuit die tronk in sy bundels gebed het wat mens stomslaan van genialiteit. Die wonderlikste van Breyten te lees is dat mens altyd self lus kry om iets te skryf. Sy gedigte maak jou verbeeldinge los… hulle begin soos perde voor jou uit galop…
YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True Confessions of an Albino Terrorist en Return to Paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?
AK: Ek moet erken dat, polities gesproke, dit Breyten se lewe en nie soseer sy skryfwerk was wat my geïnteresseer het en ten diepste uitgedaag het nie. Is om teen onreg te skryf genoeg? Moet mens nie ook leef teen onreg nie? Leef soos Breyten? Dit was veral interessant om hom twee keer buite die land te sien “opereer” – by die Watervalberaad en by ’n geleentheid wat Madame Mitterand vir die ANC buite- en binnelands gereël het; hoe gemaklik hy op die Afrika-kontinent voorkom, hoeveel belangrike swart leiers sy vriende was. En natuurlik sy woedende, snydende aanvalle as hy wel binne Suid-Afrika toegelaat was vir een of ander geleentheid.
En tog het sy politieke geskrifte en uitsprake vir my al hoe meer “van buite” geraak, soos wat ek self by die plaaslike politiek betrokke geraak het. Sedert sy meer permanente terugkeer na Suid-Afrika het sy toesprake en talle ope briewe, altyd met uitstekende ontledings en briljante skeldname, wel met oplossings wat eindig in poëtiese wêrelde waarin ons protesoptogte, die woede van my jong swart studente, hulle kreatiwiteit, hulle drome nie met enige intieme kennis gekalibreer het nie. Ons persoonlike verhouding het mettertyd vertroebel geraak, veral sy telkemale (kortstondige) vind van die Afrikaner vaderbors en sy stoomrollerobsessie oor Afrikaans.
YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?
AK: As ek na my vroeë werk kyk, kan ek duidelik die Breytenbach-spore optel. Die tronkpoësie, wat weereens weggebreek het van enige iets tot dusver in Afrikaans, het my van my voete af gegooi vanweë die geweldige isolasie en die magtige deurbreek van die kreatiewe…

Tot met sy laaste bundel het Breyten se poësie op talle verskillende vlakke ten diepste tot my bly spreek en hy sal altyd die grootste invloed op my, of eerder op die losmaking van my vermoëns, wees.
YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?
AK: Afrikaans sal nooit weer ’n digter soos hy hê nie – ’n meester van woorddistorsies, ’n towenaar van taal, ’n briljante goëlaar van beeld en metafoor, ’n nimmereindigende fontein van kreatiwiteit, geniaal in sy grensverskuiwende vermoëns. En hy het oor alles geskryf, alle Afrika-landskappe, alle fases van die lewe, alle vorme van liefde. Dit is ’n voorreg, nie net vir ons digters nie, maar vir Afrikaans, ons ganse veeltalige literêre lewe, om daardie kaliber digter se asem in jou nek te hê.
Dit interview verscheen eerder op Voertaal
Laat een reactie achter