• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Digitalisering dra Afrikaans die wêreld in: die DBAT

24 september 2013 door Redactie Neder-L Reageer

Door Wannie Carstens
In Afrikaanse taalkundige geledere word daar tans hard gewerk aan die konseptualisering van ʼn groot nuwe digitaliseringsprojek  wat Afrikaans letterlik vlerke sal gee. Meer oor hierdie projek ʼn volgende keer.
Ek berig vandag oor een van die subprojekte wat mettertyd deel van hierdie groot projek sal uitmaak. Ek verwys hiermee na die Digitale Biblioteek van die Afrikaanse Taalkunde – kortweg bekend as die DBAT.

Die DBAT-projek staan tans steeds onder my beheer, maar die intrek van jonger personeel (dr Jako Olivier en dr Adri Breed) het reeds begin ten einde ʼn gladde oorgang te verseker as ek oor ʼn paar jaar die aftrede-ouderdom  bereik.

Dié projek het in 1994 begin toe besluit is om saam te werk met die Bibliografie van die Nederlandse Taal- en Letterkunde (BNTL). Die plan was om op basis van die struktuur van die BNTL ʼn ooreenstemmende struktuur vir Afrikaans te vestig, dus ʼn soort Bibliografie van die Afrikaanse Taal- en Letterkunde (BATL). Kort voor lank was dit duidelik dat Afrikaans nie dieselfde uitsette (publikasies) as Nederlands het nie en dat  ʼn eie struktuur vir Afrikaans ontwikkel sou moes word.

Aanvanklik is geoordeel dat hierdie taak verrig sou kon word deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein, maar dit het ongelukkig weens bepaalde redes nie so ontwikkel nie.  Daar is vervolgens besluit dat die twee afdelings, naamlik taalkundeen letterkunde, apart ontwikkel sou moes word omdat dit hoofsaaklik die deeltydse werk van bepaalde individue sou wees by gebrek aan ʼn groot instansie om die werk te verrig (wat NALN behoort te gedoen het).  Die taak vir die taalkunde is aan my opgedra en die letterkunde sou onder die beheer van prof Dorothea van Zyl van die Universiteit van Stellenbosch val. Sy sou die taak aanpak met die hulp van NALN, met die steun van personeel van die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein.

Hulp en steun van Paul Doorenbosch van die Koninklijke Biblioteek en later dr Karina van Dalen-Oskam van die Huygens Instituut onder wie se beheer die saamstel van die DBNL geval het, het gehelp om die uiteindelike struktuur van die Afrikaanse weergawe te bepaal. Die raad oor hoe om slaggate te vermy en probleme, soos outeursreg, te hanteer, was besonder waardevol. Elke besoek aan Nederland in die tydperk 2001-2010 het besoeke aan dr Van Daalen ingesluit sodat probleme wat opgeduik het, bespreek kon word en oplossings bedink kon word. Ook mev Elly Kamp het waardevolle insette gelewer.

In die loop van 2002 is die taak aangepak met die finansiële en personeelsteun van die universiteitsbiblioteek op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.  Mettertyd is befondsingsteun verskaf deur die Fonds Neerlandistiek, wat gekoppel is aan die Universiteit van Stellenbosch. Sedertdien dra hierdie fonds ons werk aan die DBAT. Die biblioteek van die NWU op die Potchefstroomkampus verskaf steeds die infrastrukturele steun om die versameling op ʼn daaglikse basis by te werk.

Ná die verloop van bykans 10 jaar kan gerapporteer word dat die DBAT al meer as 16 000 inskrywings (optekening van boeke, artikels, verhandelings, proefskrifte , berigte) bevat, waarvan meer as 9 000 reeds in digitale formaat beskikbaar is. Elke tydskrif wat oor die Afrikaanse taalkunde gepubliseer het sedert die begin van die 20ste eeu, is deurgewerk  en inligting daaroor opgeneem in DBAT. In hierdie proses het waardevolle inligting wat voorheen in argiewe of in ouer ontoeganklike bronne versteek was, weer na vore gekom vir algemene gebruik. Sodoende is nuwe moontlikhede vir ouer materiaal ontwikkel.

Elke boek oor die Afrikaanse taalkunde word weerspieël in die versameling. Ons het nou begin om stelselmatig  ouer boeke te digitaliseer, soos ons fondse dit toelaat . Tans word die titelbladsy, inhoudsopgawe en voorwoord van jonger boeke ook gedigitaliseer – ʼn skakel (“link”) gaan na die uitgewer se webblad waar die boek aangeskaf kan word. Weens outeursreg kan talle boeke nie gedigitaliseer word nie, maar die publikasiebesonderhede van die boeke word wel opgeneem.
Die inskrywings is in kategorieë geplaas en soos die behoefte ontwikkel, word nuwe kategorieë bygevoeg. Belangstellendes kan na die DBAT se webblad gaan – http://www.nwu.ac.za/dbat– en kyk wat alles daar verkrygbaar is. Letterlik met die druk van ʼn knoppie is materiaal oor die Afrikaanse taalkunde nou beskikbaar aan enigeen in die wêreld wat toegang het tot die internet. Hierdeur word die publikasies en insigte van Afrikaanse taalkundiges en ook van persone wat elders in die wêreld (Nederland, Vlaandere, VSA, ens.) oor die Afrikaanse taalkunde publiseer, wêreldwyd toeganklik gemaak. Die gebruikspatrone toon ook dat dit reeds deeglik deur persone elders in die wêreld goed benut word.

Ons versoek dat taalkundiges in die Lae Lande of elders in die wêreld  wat artikels, ens. oor Afrikaans publiseer vir ons ʼn e-kopie van die publikasie (artikel, berig, boek) stuur sodat dit in die DBAT-versameling opgeneem kan word: carla.ubbink@nwu.ac.za  Selfs ʼn skakelna die publikasie sal voldoende wees. Die DBAT werk steeds in vennootskap met die DBNL en daarvoor is ons baie dankbaar omdat ons dan bronne  en inligting oor bronne deel.

Gaan kyk gerus na die DBAT se webblad. Dalk spoor u daar taalkundige juwele op. Vir solank het die Afrikaanse en Nederlandse taalkunde weg van mekaar af ontwikkel, maar deur die beskikbaarheid van die DBAT en die DBNL kan daar nou insigte gedeel en vennootskappe gesluit word. 
Gee gerus terugvoer aan ons as u wel die DBAT bekyk het. Ons hoor graag hoe ons dit nog beter kan maak.

Delen:

  • Klik om af te drukken (Opent in een nieuw venster) Print
  • Klik om dit te e-mailen naar een vriend (Opent in een nieuw venster) E-mail
  • Klik om te delen op Facebook (Opent in een nieuw venster) Facebook
  • Klik om te delen op WhatsApp (Opent in een nieuw venster) WhatsApp
  • Klik om te delen op Telegram (Opent in een nieuw venster) Telegram
  • Klik om op LinkedIn te delen (Opent in een nieuw venster) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Artikel Tags: Afrikaans, digitalisering, Gastcolumns

Lees Interacties

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Kees Jiskoot • Zwaarmoed en potsier

Maar aan Brusselse loketten
bezig ik hun zoet patois:
Jefke, Ickxske, Sjefke, Krieckxske,
Olland, Olland, Toetatwâ.

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Chris van Geel

SNOETJE

Een snoetje van ontroering, een snoetje van ontrouw.

Bron: Barbarber, september 1969

➔ Bekijk hier alle citaten

Agenda

6 februari 2026: Towards New Horizons of Scholarly Publishing

6 februari 2026: Towards New Horizons of Scholarly Publishing

17 december 2025

➔ Lees meer
28 december 2025: Zesde editie van Winterzinnen

28 december 2025: Zesde editie van Winterzinnen

16 december 2025

➔ Lees meer
14 januari – 6 maart 2026: Workshop Slimmer zoeken in Delpher

14 januari – 6 maart 2026: Workshop Slimmer zoeken in Delpher

10 december 2025

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1901 Pierre Boyens
sterfdag
1891 Jan Beckering Vinckers
1933 Johan Kern
1951 Jacoba van Lessen
2024 Erik Brus
➔ Neerlandicikalender

Media

Het verdwenen botje van Sint-Werenfridus

Het verdwenen botje van Sint-Werenfridus

18 december 2025 Door Redactie Neerlandistiek 2 Reacties

➔ Lees meer
Elise Vos – Van alles de laatste

Elise Vos – Van alles de laatste

17 december 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Waar komt al die literatuur vandaan?

Waar komt al die literatuur vandaan?

16 december 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2025 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d