• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Bekendstelling van Eenders & Anders, Afrikaans/Nederlandse lespakket en webblad vir Afrikaans Huistaal

12 februari 2018 door Redactie Neerlandistiek Reageer

 (Persbericht SASNEV/Protea)

Nadat die Nederlandse taal om en by dertig jaar lank afwesig was in Suid-Afrikaanse skole, kondig Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) en Protea Boekhuis met groot genoegdoening aan dat die eerste Afrikaans/Nederlandse lespakket vir skole, Eenders & Anders, vanaf 22 Januarie 2018 beskikbaar is.

Die Afrikaans/Nederlandse lespakket – ’n reeks vir graad 6- tot graad 11-leerders – het ten doel om leerders wat Afrikaans Huistaal neem aan die Nederlandse/Vlaamse kultuur, taal en letterkunde bekend te stel. Leerders vertrek vanaf ’n bekende terrein (Afrikaans en Suid-Afrika) na nuwe wêrelde (die Nederlandse taal, en Nederland en België). Hulle fokus op dit wat dieselfde is in die verskillende lande en tale, maar ondersoek ook dit wat anders is.

Temas

  • Graad 6: Aangename kennis! – Prettig met je kennis te maken!
  • Graad 7: Koningskos – Een koningsmaal
  • Graad 8: Ridders en rolmodelle – Ridders en rolmodellen
  • Graad 9: Fietsry – Fietsen
  • Graad 10: Kampeer – Kamperen
  • Graad 11: Sprokie vir ’n stadskind – Sprookje voor een stadskind

Die meeste leerders sal bekend wees met byvoorbeeld die legendariese karakters wat bespreek word en sal besef dat ons kulture baie deel, maar dat daar tog verskille is – sommige oppervlakkig, ander meer diepgaande. Leerders ken Suid-Afrikaanse lekkernye soos melktert en koesisters, maar wat van lekkernye soos die Nederlandse stroopwafel of sy ouboet, die Belgiese wafel? Leerders sal leer van hoe Nederlanders en Vlaminge kampeer, hoe belangrik fietse in Nederland is, voorgestel word aan ridders en ons eie rolmodelle, en vele ander interessante dinge.

Kurrikulum-inligting

Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV). Die volledige lespakket vir graad 6- tot graad 11-leerders wat Afrikaans Huistaal neem, kan per eenheid (’n leerderboek en onderwysersgids per graad) gedurende ’n tweeweeksiklus in die skooljaar aangebied word. Dit is so saamgestel dat dit een van die 2 hoofstukke in die taalhandboeke kan vervang. Dit kan as verryking vir die topklasse aangebied word en verder gebruik word as hersiening,bykomende materiaal vir die onderwyser, of doodeenvoudig as ’n prettige kennismaking met die Nederlandse taal, Nederland en België. Die taalaspekte dek onder meer gedeeltes waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik ter sprake is, soos spelling, leenwoorde en woordeskatontwikkeling.

Die inhoud van die lespakket vir graad 6, 7, 8 en 9 sluit aan by die NKABV-kurrikulum kwartaal 2, week 5 en 6. Vir hierdie grade dek dit al die werk wat in week 5 en 6 in kwartaal 2 in die kurrikulum uiteengesit word, maar betrek ook werk uit ander weke. Die inhoud van lespakket 10 en lespakket 11 dek al die werk wat in kwartaal 4, week 33 en 34, in die kurrikulum uiteengesit word, maar betrek ook werk uit die weke direk vóór en ná hierdie twee weke.

Daar is ook ʼn bonus vir onderwysers! As deel van die lespakket is ʼn spesiale Kwartetspel ontwikkel. Die onderwysersgidse vir graad 6 tot 8 ontvang ʼn bonus Eenders & Anders Kwartetspel wat bestaan uit nie minder nie as 9 kwartette (kategorieë). Die Kwartetspel is ʼn kaartspel waarin die spelers probeer om soveel moontlike kwartette (4 kaarte by elke bypassende tema) te versamel.

Taalgebied

Die projek wil taalgrense uitwis en sprekers van dieselfde moedertaalgemeenskap oor kontinente heen in hul Eenders(heid) & Anders(heid) aan mekaar bekendstel. Afrikaans is die moedertaal van 7 miljoen Suid-Afrikaners. Nederlands is die taal van ongeveer 17 miljoen Nederlanders in Nederland en van 6 miljoen Vlaminge in buurland België. Dit is dus byna 30 miljoen mense wat mekaar so om en by kan verstaan. Die Vlaminge praat hul Nederlands met ’n uitspraak wat partykeer soos Afrikaans klink. Dit word genoem Vlaams. Maar in teenstelling tot Afrikaans, is Vlaams ’n taal wat slegs gepráát word – skryf en lees doen Vlaminge in Nederlands. Gedurende die twee weke waartydens leerders hierdie lespakket gebruik, word hulle op ’n opwindende, avontuurbelaaide reis geneem na die Lae Lande.

Webwerf

Die lespakket Eenders & Anders bied leerders ’n venster op die Lae Lande (Nederland en België) en bestaan uit: ’n leerderboek en ’n onderwysersgids per graad en ’n webwerf. Op Vrydag 9 Februarie 2018 sal die webblad vir Eenders & Anders operasioneel wees (www.lespakket.co.za). Benewens die aanlynwinkel van Protea Boekhuis (www.proteaboekwinkel.com) kan bestellings ook op hierdie webblad geplaas word.

Delen:

  • Afdrukken (Opent in een nieuw venster) Print
  • E-mail een link naar een vriend (Opent in een nieuw venster) E-mail
  • Share op Facebook (Opent in een nieuw venster) Facebook
  • Delen op WhatsApp (Opent in een nieuw venster) WhatsApp
  • Delen op Telegram (Opent in een nieuw venster) Telegram
  • Delen op LinkedIn (Opent in een nieuw venster) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Artikel Tags: extra muros, NT2, Zuid-Afrika

Lees Interacties

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Annelies Verbeke • Nisaba heeft geduld

Licht als de worm in de meest gelaten psalm
wacht ze af.
Geen wellnessworst
of dorst.
Het is ontbotten.

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Chris van Geel

Blad viel, sneeuw viel de bladeren achterna,
de sneeuw bracht regen, regen stuift op sneeuw.
Reeds schemeren de lichte tenten
van de zon, de golven, ribben van de zee.

Bron: fragment uit ‘Tussen seizoenen’; Uit de hoge boom geschreven, 1967

➔ Bekijk hier alle citaten

Agenda

6 maart 2026: Indische detectives en misdaadromans

6 maart 2026: Indische detectives en misdaadromans

20 februari 2026

➔ Lees meer
15-17 april 2027: Achter de verhalen

15-17 april 2027: Achter de verhalen

20 februari 2026

➔ Lees meer
7 maart 2026: Zaanse tragedie Batavische Eneas

7 maart 2026: Zaanse tragedie Batavische Eneas

19 februari 2026

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1893 Sumitaka Asakura
1944 Herman de Coninck
1945 Tom van Deel
sterfdag
2022 Joost Kloek
➔ Neerlandicikalender

Media

Lange lijnen 5: Met Gaea Schoeters

Lange lijnen 5: Met Gaea Schoeters

20 februari 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Bonusauteurs Cornelia van der Veer, Titia Brongersma, Elisabeth Hoofman

Bonusauteurs Cornelia van der Veer, Titia Brongersma, Elisabeth Hoofman

19 februari 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
”Opgetild in een verdwijnen”

”Opgetild in een verdwijnen”

18 februari 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Gebruiksvoorwaarden
  • Privacy­verklaring
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2026 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d