• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
    • Chris van Geel
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Uitnodiging tot ʼn gesprek oor Afrikaans in ʼn internasionale verband

13 maart 2022 door Redactie Neerlandistiek Reageer

Beste vriend/kollega

Hiermee ’n uitnodiging om deel te neem aan ’n inisiatief wat daarop mik om internasionale Afrikaanse inisiatiewe beter te koördineer. Die doel hiermee is om hierdie inisiatiewe se volhoubaarheid en impak te verhoog en om beter gebruik te maak van beperkte hulpbronne. Een van die reaksies op die behoefte om beter te koördineer, is die stigting van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA), ’n inisiatief waarby Afrikaans Internasionaal sal aansluiting vind.

Daar is op hierdie stadium te min bekend oor Afrikaanse inisiatiewe internasionaal om voordeel uit samewerking en sinergie te kan trek. Daar is tans talle inisiatiewe in verskillende domeine aan die gang (akademiese skakeling, onderwys, kultuur, ens.) wat byvoorbeeld nie optimaal benut word nie. Die redes hiervoor is onder meer moontlike oorvleueling in die projekte en inisiatiewe, ʼn gebrek aan fondse, persoonsgedrewe inisiatiewe, afwisselende en tydelike leierskap, en dies meer. As gevolg hiervan verloor inisiatiewe soms momentum of kom sonder ’n langtermyneffek tot ’n einde. Wat uiteraard ʼn verlies aan tyd en energie is en ook ʼn verkwisting van skaars hulpbronne.

In lig hiervan nooi ons u uit om deel te neem aan die saamstel van ’n inventaris van Afrikaans internasionaal. Watter inisiatiewe word deur watter persone of instansies met watter middele in stand gehou? Wat doen hulle en op watter teikengroepe mik hulle? Tot watter mate word reeds met instellings in Suid-Afrika en Namibië gekoördineer of saamgewerk? En vanselfsprekend ook ander toepaslike vrae. Voltooi asb hierdie vraelys: https://forms.gle/AYt9pa4QRn7iEEFW8

Deur antwoorde op dié en ander vrae te kry, sal dit makliker word om tot voordeel van almal te beplan vir samewerking en sinergie. Gevolglik sal ons die volgende baie waardeer:

  1. Beantwoording van die vraelys oor Afrikaans internasionaal: Die vraelys word as GoogleDocs-dokument saam met hierdie dekbrief uitgestuur. U antwoorde word dus outomaties gestoor. U kan hierdie brief en die vraelys gerus aanstuur aan ander mense wat dalk in hierdie inisiatief sal belangstel. Die spertyd hiervoor is: Vrydag 11 Maart.
  2. Deelname aan opvolggesprekke: Sodra genoegsame inligting ingesamel is, deel en bespreek ons dit graag met julle as direkte belanghebbers in Afrikaans internasionaal, ’n proses wat deur proff Yves T’Sjoen en Martina Vitackova van die Universiteit Gent gefasiliteer sal word.
  3. Aansluiting by gesprekke in Suid-Afrika en Namibië: Hierna sal ook in gesprek met Suid-Afrikaanse en Namibiese rolspelers getree word (Meer inligting hieroor volg later.)

Ons hoop om reeds in April 2022 in samewerking met julle die gesamentlike prentjie en ’n konsep-makroplan vir Afrikaans in internasionale verband aan julle voor te kan lê. Daarna kan ons saamwerk om die plan te laat realiseer. Ons sien dus uit na u insette!

Vriendelike groete

Conrad Steenkamp

Hoof van die Afrikaanse Taalraad

Delen:

  • Afdrukken (Opent in een nieuw venster) Print
  • E-mail een link naar een vriend (Opent in een nieuw venster) E-mail
  • Share op Facebook (Opent in een nieuw venster) Facebook
  • Delen op WhatsApp (Opent in een nieuw venster) WhatsApp
  • Delen op Telegram (Opent in een nieuw venster) Telegram
  • Delen op LinkedIn (Opent in een nieuw venster) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Nieuws Tags: Afrikaans

Lees Interacties

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Alfred Kossmann • Feestdag

De kinderen bliezen kartonnen trompetten
(Wie een toeter heeft op een feestdag moet
Aan één stuk toeteren – geen mens kan ’t beletten –
Tot hij gaar in het hoofd wordt en raar ter been)

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Vlaggetjes

Met een snotneus
kun je geen bier halen

Bron: Joost Broere

➔ Bekijk hier alle citaten

Agenda

8 mei 2026: Symposium Onsterfelijke dood

8 mei 2026: Symposium Onsterfelijke dood

26 april 2026

➔ Lees meer
30 april 2026: Kampliteratuur van Charlotte Delbo

30 april 2026: Kampliteratuur van Charlotte Delbo

25 april 2026

➔ Lees meer
16 mei 2026: Hommage In de Knipscheer

16 mei 2026: Hommage In de Knipscheer

22 april 2026

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1854 Johannes Franck
1946 Ton Vallen
1947 Astrid Roemer
sterfdag
1936 Frederik Stoett
➔ Neerlandicikalender

Media

Sanneke van Hassel en Bert Paasman over Elisabeth Maria Post

Sanneke van Hassel en Bert Paasman over Elisabeth Maria Post

26 april 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
In gesprek met literaire duizendpoot Jonathan Van Der Horst

In gesprek met literaire duizendpoot Jonathan Van Der Horst

22 april 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
The perks of literature – with Jeroen Dera

The perks of literature – with Jeroen Dera

22 april 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Gebruiksvoorwaarden
  • Privacy­verklaring
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2026 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d