• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Oproep om referate: 8ste Kollokwium oor Afrikaans (Universiteit Gent)

23 maart 2024 door Redactie Neerlandistiek Reageer

Horizons of political/poetical contestation: Suid-Afrikaanse interseksionele perspektiewe oor dissiplines en tale heen

20 en 21 November 2024
Hoofsprekers: Christi van der Westhuizen en Anastasia de Vries

Interseksionaliteit is vandag ’n bekende teoretiese vertrekpunt in die studie van die geesteswetenskappe reg oor die wêreld. Suid-Afrika is geen uitsondering nie, sê Moletsane en Reddy (235). Dié teorie se vroeë wortels kan teruggespeur word na die die werk van swart Afro-Amerikaanse feministiese pioniers in die 19de eeu. Sedertdien het dit as teoretiese invalshoek suksesvol die akademiese toneel betree. In hierdie konteks is inleidende bydraes gelewer deur vooraanstaande skrywers soos bell hooks, Kimberlé Crenshaw (wat die term bedink het), en Patricia Hill Collins met haar konsep van die “matrix of domination” (12). In die 21ste eeu is interseksionaliteit steeds alomteenwoordig in die werk van toonaangewende akademici soos Jennifer Nash en Anna Carastathis. Laasgenoemde wys op die voortgesette en miskien selfs toenemende relevansie daarvan, aangesien “oppressive power relations have become increasingly mystified, inequalities seemingly more intractable, and institutions seemingly more difficult to transform” (3).

’n ‘Interseksionele’ benadering poog om die impak van verskillende magstrukture uit te wys deur die onderlinge verbondenheid van veelvuldige sisteme van sosiale kategorisering bloot te lê wat mense se lewens en ervarings beïnvloed en vorm. Interseksionaliteit vereis ’n verskuiwing in denke oor identiteite en word beskryf as “difficult work” (Nash), maar ook as die “most important contribution that women’s studies have made so far” (McCall 1771). Dit is ’n analitiese hulpmiddel wat die verstaan van sosiale verskynsels, van interpersoonlike sowel as kulturele aard, vergemaklik (Collins en Bilge 7). ’n Interseksionele benadering is dus in werklikheid ’n alledaagse praktyk – ’n manier hoe ons as individue ons lewens en interaksies met ander mense en verskillende instellings navigeer.

Alhoewel die tradisie van interseksionaliteit in die Globale Noorde ontwikkel is, kan ’n interseksionele lens, beide as ’n kritiese, teoretiese konsep en in die praktyk, ’n nuttige hulpmiddel wees om magstrukture in alle gebiede wat deur ongelykhede gekenmerk word, te ondersoek. In die konteks van Suid-Afrika argumenteer Moletsane en Reddy (235) dat “while the country has a rich (and celebrated) diversity in terms of race, ethnicity, class, religion, gender, sexuality, language and so on, these markers also highlight the deep inequalities that characterise human relations in the country”. Voorts vind Shefer (382) dat die multidimensionele vorme van  onderdrukking hardnekkig voortduur in post-apartheid Suid-Afrika. Gevolglik het navorsers soos Christi van der Westhuizen, Amanda Gouws, Barbara Boswell, Desiree Lewis en Gabeba Baderoon ’n Suid-Afrikaanse interseksionele perspektief aangeneem. Tans word ’n spesiale uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde ook oor feminismes en Suid-Afrikaanse letterkunde voltooi. Boonop het die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam onlangs Footnotes bekendgestel, ’n aanlynreeks oor interseksionele navorsingstrategieë in Suidelike Afrika.

Ons oproep om referate is vir voorstelle wat sulke Suid-Afrikaanse interseksionele tendense aanspreek, en wat die heterogene manifestasies wat dit histories en vandag aanneem, ondersoek. Geïnspireer deur Carastathis (141) glo ons dat interseksionaliteit nie net op persoonlike vlak verstaan moet word nie, maar ook as ’n “horizon of political contestation”. Ons moedig diversiteit aan in terme van navorsing uit akademiese domeine deur ’n interdissiplinêre standpunt te onderskryf. Alhoewel interseksionaliteit ’n lang geskiedenis het in kritiese rasstudies en vrouestudies, kan dit geïmplementeer word in ’n wye verskeidenheid van velde wat wissel van literatuur (Gqola) en taalkunde (Levon) tot geskiedenis (Hendricks et al. ), kuns (Ankyiah en Bamfo), musiekologie (Decoste), teaterwetenskappe (Wijesiri), regte (Schiek), sosiologie (Choo en Ferree) en politieke wetenskap (Hughes). Benewens tradisionele referate sal ons meer kreatiewe of visueel-georiënteerde bydraes, paneelbesprekings en onderhoude oorweeg. Ons kollokwium sal in ’n hibriede formaat plaasvind met beide aanbiedings wat in persoon gelewer word en aanlyn bydraes, wat soveel mense moontlik sal toelaat om deel te kan neem en dit by te kan woon. Ons beplan die publikasie van (’n seleksie van) die aangebode referate in ’n spesiale uitgawe van die akademiese tydskrif Gender Questions.

Abstrakte 

Dien asseblief abstrakte/opsommings in vir referate van 20 minute in Afrikaans, Nederlands of Engels. Die opsommings moet ’n van maksimum 500 woorde wees en teen 30 April 2024 aan
afrikaans@ugent.be gestuur word. Vir meer inligting oor die kollokwium of alternatiewe aanbiedingsvoorstelle, kontak asseblief die organiseerders, Martina Vitackova (martina.vitackova@ugent.be) en Lieselot Tuytens (lieselot.tuytens@ugent.be). 

Aanbevole bronne

Boswell, Barbara. And Wrote My Story Anyway: Black South African Women’s Novels as Feminism. Wits U P, 2020.

Gouws, Amanda. “Feminist Intersectionality and the Matrix of Domination in South Africa.” Agenda: Empowering Women for Gender Equity vol. 31, no. 1, 2017, pp. 19-27.

Lewis, Desiree & Gabeba Baderoon. Surfacing: On Being Black and Feminist in South Africa. Wits U P, 2021.

Moletsane, Relebohile & Vasu Reddy. “The National Development Plan as a Response to Poverty and Inequality in South Africa.” Poverty & Inequality: Diagnosis, Prognosis, Responses. State of the Nation, edited by Crain Soudien, Vasu Reddy & Ingrid Woolard. HRSC Press, 2019, pp. 235-352.

Shefer, Tamara. “Narrating Gender and Sex in and through Apartheid Divides.” South African Journal of Psychology vol. 40, no. 4, 2010, pp. 382-95.

Van der Westhuizen, Christi. “Race, Intersectionality, and Affect in Postapartheid Productions of the ‘Afrikaans White Woman’.” Critical Philosophy of Race vol. 4, no. 2, 2016, pp. 221-238.

Delen:

  • Klik om af te drukken (Wordt in een nieuw venster geopend) Print
  • Klik om dit te e-mailen naar een vriend (Wordt in een nieuw venster geopend) E-mail
  • Klik om te delen op Facebook (Wordt in een nieuw venster geopend) Facebook
  • Klik om te delen op WhatsApp (Wordt in een nieuw venster geopend) WhatsApp
  • Klik om te delen op Telegram (Wordt in een nieuw venster geopend) Telegram
  • Klik om op LinkedIn te delen (Wordt in een nieuw venster geopend) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Nieuws Tags: Afrikaans, intersectionaliteit, letterkunde

Lees Interacties

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie-gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

E. du Perron • Reisverhaal

De ander, die dikwijls sprak over de dood,
roemde de natuur, doorzocht alle hoeken,
en ademde diep; de een las in boeken
gedachten van derden, zijn dagelijks brood.

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Chris van Geel

LEER DER PROPORTIËN

Het teentje maan dat gisteren te klein was
maar nu zo klein dat ik het op zijn plaats vind staan,
er is steeds minder nodig om het te bedekken,
steeds minder nodig om het te verstaan.

Bron: Het zinrijk, 1971

➔ Bekijk hier alle citaten

Agenda

25 mei & 21 juni 2025: Leidse Zang voor Kerk en Kroeg

25 mei & 21 juni 2025: Leidse Zang voor Kerk en Kroeg

21 mei 2025

➔ Lees meer
21 juni 2025: J.H. Leopold-lezing

21 juni 2025: J.H. Leopold-lezing

19 mei 2025

➔ Lees meer
20 juni 2025: Lezingenmiddag Indische Letteren

20 juni 2025: Lezingenmiddag Indische Letteren

19 mei 2025

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1903 Cornelis Stutterheim
1904 Leendert van Dis
sterfdag
2020 Hugo Ryckeboer
➔ Neerlandicikalender

Media

Van Hogwarts naar Zweinstein

Van Hogwarts naar Zweinstein

20 mei 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Verschenen: Romanreuzen

Verschenen: Romanreuzen

15 mei 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
25. alkalommal rendezték meg a Magyarországi Néderlandisztika Napját

25. alkalommal rendezték meg a Magyarországi Néderlandisztika Napját

15 mei 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2025 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d