• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

’n Nuwe inleiding tot die taalkunde in Afrikaans op pad

3 augustus 2013 door Redactie Neder-L Reageer

Door Wannie Carstens

‘n Opwindende nuwe boek oor die Afrikaanse taalkunde sal teen Februarie 2014 in Suid-Afrika gepubliseer word. Hiermee behoort ‘n groot gaping in die onderrig van die Afrikaanse taalkunde gevul te word.

Dié boek sal die resultaat wees van ‘n aantal Afrikaanse taalkundiges wat saamgewerk het om ’n boek tot stand te laat kom wat gebruik kan word om die kennisvlakke van voorgraadse studente rakende kennis van die breë beginsels van die taalkunde op dieselfde vlak te bring aan die einde van die derdejaarstudie.

Dit gebeur so dikwels dat kursusmateriaal aan universiteite die voor- en afkere van dosente verteenwoordig, en dat in hierdie proses sekere kennisvlakke verlore kan gaan omdat die beskikbare dosente nie noodwendig oor die vaardighede en materiaal beskik om die breë spektrum van die taalkunde te dek nie. SA universiteite is ook bekend daarvoor dat daar nie altyd voldoende personeel is om alle kundigheidsterreine te dek nie en daarom word dikwels slegs oorsigtelik te werk gegaan met vakinhoude. Verder wissel studente op nagraadse vlak (honneurs en MA) dikwels tussen universiteite en die behoefte was dat almal na afloop van hulle voorgraadse studie op ongeveer dieselfde vlak behoort te wees wat kennis betref. Dit is natuurlik ‘n ideaal wat deur die praktyk agterhaal kan word, maar die visie en behoefte word ten minste gekoördineerd aangepak.


Tydens die 2011- en 2012-kongresse van die LVSA (Linguistevereniging van Suider-Afrika) het die meerderheid Afrikaanse taalkundiges (d.w.s. diegene wat verbonde is aan SA universiteite en daar Afrikaanse taalkunde doseer) vergader en daar is besluit op die inhoud van die boek en hoe dit saamgestel sou word. Aanvanklik is gedink dat dit ’n hersiening van Botha, TJR e.a. (reds.) se Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde (1989) moet behels, maar mettertyd is geoordeel dat dié boek ‘n belangrike historiese taalkundige dokument in Afrikaans is en as sodanig behou moet word. Hierdie boek het sy doel gedien vir die tyd toe dit geskryf is en dit word net so gehandhaaf.

Die nuwe boek – met as titel Kontemporêre Afrikaanse taalkunde – verteenwoordig moderner sienings oor hoe die toepaslike taalkundige dissiplines in Afrikaans tot hulle reg kom. Hoofstukke word aangebied oor die volgende terreine en fokusgebiede in Afrikaans: die diachronie van Afrikaans; fonetiek, fonologie, morfologie, sintaksis, semantiek, pragmatiek, sosiolinguistiek, leksikografie, dokumentontwerp, normatiewe taalkunde asook taalverwerwing en taalonderrig. Die inhoud is gemik op voorgraadse studente, maar dit hoofstukke bevat ook voldoende materiaal wat op nagraadse vlak gebruik sal kan word.

Die taak is aan prof Wannie Carstens (NWU-Potchefstroom) en dr Nerina Bosman (Universiteit van Pretoria) opgedra om die redakteurstaak te verrig. Die boek is tans by die uitgewer en daar word volstoom gewerk om die boek vroeg in 2014 op die mark te plaas. Die boek gaan ook aangevul word met ’n webblad waar oefeninge en begrippelyste geplaas sal word. Die oefeninge en begrippelyste sal dan voortdurend bygewerk kan word soos die dosente met die boek self in die praktyk te doen kry.

Die voorlopige publikasiebesonderhede van hierdie boek is:

Redakteurs: Carstens, WAM & Nerina Bosman
Medewerkers: Elbie Adendorff (US), Nerina Bosman (UP), WAM Carstens (NWU), Jac Conradie (UJ), Leon de Stadler (US), Ilse Feinauer (US), Rufus Gouws (US), Gerald Groenewald (UJ), Jako Olivier (NWU), Annél Otto (NMMU), Marné Pienaar (UJ), Elvis Saal (UNISA), Piet Swanepoel (UNISA), Gerhard van Huyssteen (NWU), Angelique van Niekerk (UV), Bertus van Rooy (NWU), Daan Wissing (NWU).
Titel: Kontemporêre Afrikaanse taalkunde
Uitgewer: JL van Schaik, Pretoria
ISBN: 978 0 627 03019 2
Die plan is om afloop van hierdie projek ook ’n gesamentlike boekprojek aan te pak oor hoe die toegepaste taalkunde tot sy reg kom in Afrikaans. Dit sal dan onder meer die volgende terreine insluit: vertaalkunde, tolkopleiding, akademiese geletterdheid, taaltegnologie, korpuslinguistiek, kognitiewe linguistiek, tekslinguistiek, diskoersanalise, taalonderrig, taaltoetsing, leksikologie, e.a. Ook hierdie boek sal die resultaat wees van samewerking tussen die SA universiteite en dit behoort teen 2015/2016 gepubliseer te word.

Wannie Carstens
30/07/2013

Delen:

  • Klik om af te drukken (Opent in een nieuw venster) Print
  • Klik om dit te e-mailen naar een vriend (Opent in een nieuw venster) E-mail
  • Klik om te delen op Facebook (Opent in een nieuw venster) Facebook
  • Klik om te delen op WhatsApp (Opent in een nieuw venster) WhatsApp
  • Klik om te delen op Telegram (Opent in een nieuw venster) Telegram
  • Klik om op LinkedIn te delen (Opent in een nieuw venster) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Artikel Tags: Afrikaans, Gastcolumns, taalkunde

Lees Interacties

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Johan van Heemskerck • Liedeke

Terwijl uw oog nog somtijds vriendelijk stond,
En ik een kus mocht krijgen van uw mond,
Was niemand zo gelukkig hier in ’t land,
Als ik mij zelve vand.

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Chris van Geel

TWEEËRLEI LINNEN

Ik ben veel liever een
bevroren laken buiten
dan een beschilderd doek
warm aan de wand onthaald.

Bron: Hollands Maandblad, maart 1969

➔ Bekijk hier alle citaten

Agenda

7 maart 2026: Themadag Standaardnederlands

7 maart 2026: Themadag Standaardnederlands

1 februari 2026

➔ Lees meer
11 maart 2026: ‘Tussen oorlog en cultuur. Ede, 1600-1800’ 

11 maart 2026: ‘Tussen oorlog en cultuur. Ede, 1600-1800’ 

31 januari 2026

➔ Lees meer
13 februari 2026: Proefcollege Nederlandse Taal en Cultuur

13 februari 2026: Proefcollege Nederlandse Taal en Cultuur

28 januari 2026

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1929 Piet Verkuyl
1944 Bas Hesselink
sterfdag
1904 Paul Alberdingk Thijm
➔ Neerlandicikalender

Media

Waar komen spreekwoorden vandaan?

Waar komen spreekwoorden vandaan?

1 februari 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Maud Vanhauwaert en Nina Geerdink over Johanna Hobius

Maud Vanhauwaert en Nina Geerdink over Johanna Hobius

31 januari 2026 Door Fleur Speet Reageer

➔ Lees meer
In gesprek met auteur Daan Heerma van Voss

In gesprek met auteur Daan Heerma van Voss

29 januari 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2026 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d