• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Deel XIV van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal – nog ʼn veertjie in Afrikaans se veelkantige hoed

9 december 2013 door Redactie Neder-L Reageer

Deur W.F. Botha en Wannie Carstens

Deel XIV van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is op 18 Oktober 2013 in Stellenbosch, Suid-Afrika bekendgestel en aan proff. Adam Small, Hennie Aucamp en TT Cloete oorhandig.  Al drie skrywers het ’n besondere verbintenis met die WAT. 

Die WAT is ‘n omvatttende verklarende sinchroniese Afrikaanse woordeboek, ooreenstemmend aan die bekende Woordeboek der Nederlandse Taal (WNT). Die verskyning van ‘n nuwe deel van die WAT is ‘n gebeurtenis van groot belang vir Afrikaans.  Daarmee word telkens nog ‘n gedeelte van die Afrikaanse woordeskat in sy wydste omvang vasgelê. Nie net die standaardvariëteit van Afrikaans nie, maar ook die ander variëteite soos Kaaps en Namakwalands kom tereg in die WAT.  Daarbenewens vind ook Afrikaans se kleurvolle streektaal, geselstaal en skat van uitdrukkings ‘n tuiste in die WAT.

Deel XIV bevat 10 000 verklaarde woorde en uitdrukkings en  3 000 onverklaarde samestellings en afleidings.  Dit is die eerste van drie dele oor die letter S. 
Die woordeboek word op werklike taalgebruik gebaseer en daarvoor word die WAT se unieke en waardevolle materiaalversameling van vier miljoen indekskaartjies asook elektroniese korpusse soos die Media 24-argief benut.  Danksy finansiële ondersteuning van die Nederlandse Taalunie, Sanlam en Die Dagbreek Trust word die vier miljoen indekskaartjies tans gedigitaliseer. Na voltooiing sal hierdie data op die internet geplaas word sodat gebruikers die materiaal kan sien waarop die huidige dele grootliks gebaseer is en waarop die volgende dele grootliks gebaseer sal word. Die materiaalversameling is byeengebring met die samewerking van Afrikaanssprekendes vanoor die hele land en deur die digitalisering daarvan wil ons graag die eindproduk tot hulle almal se beskikking stel. Die eerste oorweging was egter om die versameling te beskerm teen brand, waterskade en verwering.
Die WAT is dus nie ‘n Sannie van die plaas nie (“jong dame wat redelik ongesofistikeerd en naïef is”), maar dit is nogal skanghagha (“goed”). WAT XIV los ook die raaisel op van wat skarumba(“niks” of “glad nie”) beteken, en sitbokbiltong, samowar, sakaboela sinchroonskakeling, sitsewinkel en sikofant. Weet u wat beteken ’n sieletjie sonder sorg, die sitbroek aanhê en op die sabander?
Die WAT is ten spyte van ontoereikende staatsondersteuning steeds ‘n produktiewe en dinamiese maatskappy en daarvoor moet  sy donateurs, die woordeboekkopers en die deelnemers aan Borg ’n Woord bedank word.  Meer inligting oor die WAT en Borg ‘n Woord is by www.wat.co.za Ons moedig buitelandse lesers van Afrikaans ook om betrokke te raak by die Borg ‘n Woord-program.
Die werk aan die Woordeboek van die Afrikaanse taal het reeds in 1926 begin en die eerste deel (A-C) het in 1950 verskyn; die woordeboek sal waarskynlik teen 2030 voltooi wees. Sedertdien het die WAT ook ander produkte beskikbaar gestel:

  • Die elektroniese WAT (e-WAT)
  • Die e-WAT op internet en selfoon
  • Basic Afrikaans – ’n woordeboekie met 1 000 kernwoorde van Afrikaans
  • Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), ook as CD
  • Supplement by EWA
  • Sinonieme en verwante woorde
Gaan gerus na die WAT se webwerf en volg die skakels daar: www.wat.co.za
Saamgestel deur dr WF Botha, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT, en prof Wannie Carstens, direksielid van die Buro van die WAT

Delen:

  • Klik om af te drukken (Opent in een nieuw venster) Print
  • Klik om dit te e-mailen naar een vriend (Opent in een nieuw venster) E-mail
  • Klik om te delen op Facebook (Opent in een nieuw venster) Facebook
  • Klik om te delen op WhatsApp (Opent in een nieuw venster) WhatsApp
  • Klik om te delen op Telegram (Opent in een nieuw venster) Telegram
  • Klik om op LinkedIn te delen (Opent in een nieuw venster) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Artikel Tags: Afrikaans, WNT, woordenboek

Lees Interacties

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Astrid Roemer • Steffi huilt

Het geeft niet Poes
het geeft niet dat we
sterven

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Chris van Geel

Het web houdt zijn gezicht hol in de wind,
de spin heeft het verlaten, sterren staan
er in, wind scheurt het van de aarde,
van leeggevreten gaten waait het schoon.

Bron: Maatstaf, oktober-november 1965

➔ Bekijk hier alle citaten

Agenda

31 januari 2026: Glanzende geheimenis / Hemelse vreugde – over P.C. Boutens 

31 januari 2026: Glanzende geheimenis / Hemelse vreugde – over P.C. Boutens 

12 januari 2026

➔ Lees meer
25 januari 2026: Wel verdiend, niet ontvangen

25 januari 2026: Wel verdiend, niet ontvangen

8 januari 2026

➔ Lees meer
17 januari 2026: Grondvergadering Jacob Campo Weyerman

17 januari 2026: Grondvergadering Jacob Campo Weyerman

7 januari 2026

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

sterfdag
1722 Francois Halma
➔ Neerlandicikalender

Media

In gesprek met auteur Jeroen Theunissen

In gesprek met auteur Jeroen Theunissen

12 januari 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Ik zie op tegen interviews…

Ik zie op tegen interviews…

11 januari 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Johanna Coomans, Margaretha van Godewyck en Gesina Brit

Johanna Coomans, Margaretha van Godewyck en Gesina Brit

10 januari 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2026 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d