Die roebaijat is die bes verkoopte gedig van alle tye. Sedert dit in 1859 vir die eerste keer gepubliseer is, het daar al meer as 650 verskillende uitgawes en ’n groot aantal herdrukke die lig gesien. Die helfte van hierdie uitgawes is geïllustreer deur 150 verskillende kunstenaars, en meer as ’n honderd komponiste het die Die roebaijat getoonset. Volgens die redakteur van ’n redelik onlangse uitgawe van dié gewilde gedig, Tony Briggs (2009: xxiv), kan ’n mens praat van ’n Khajjam-industrie of selfs -kultus. Die Khajjam-manie was veral lewenskragtig in die eerste halfeeu ná die verskyning van die gedig.
Uit: Die roebaijat van Omar Khajjam. 50 kwatryne vertaal deur Daniel Hugo, Protea Boekhuis, Pretoria, 2014, 80 pp., ISBN (gedrukte boek): 978-1-4853-0086-1, ISBN (e-boek): 978-1-4853-123-3.
Laat een reactie achter