Wannie Carstens is hoogleraar Afrikaanse taalkunde en lid van de Afrikaanse Taalraad. Hij zal vanaf nu regelmatig in zijn moedertaal bijdragen aan Neder-L.
Op 15 Junie vanjaar was daar in Leiden ‘n publieke simposium wat georganiseer is deur die Leiden University Centre for Linguistics (LUCL) van die Universiteit Leiden. Hierdie simposium is aangebied in die bekende Academiegebou op die Rapenburg in Leiden. Die organiseerders van die byeenkoms was proff. Jaap de Jong en Marc van Oostendorp, beide verbonde aan LUCL. Die simposium is besonder goed bygewoon en die saal was vol. En dit op ‘n Saterdagmiddag! Die kwessie van taal is duidelik van groot belang vir Nederlanders en dit is ook goed so. Die aanwesiges het volgens wat ek kon waarneem, uit ‘n groot verskeidenheid velde gekom: akademici, onderwysers (leraars), studente, belangstellende lede van die publiek.
Jan Renkema uit Tilburg (die skrywer van die hoogs suksesvolle taalgids Schrijfwijzer), Joop van der Horst uit Leuven (die skrywer van Het einde van de standaardtaal), Ingrid Tieken-Boon van Ostade (akademikus van Leiden), Jeroen Widenhof (van Leiden), Ilja Leonard Pfeijfer (van die buiteland) en ook Geert Joris (die nuwe hoof van die Nederlandse Taalunie). Uit hierdie oorde het daar vanselfsprekend ‘n hele aantal gesigspunte na vore gekom, nie almal ooreenstemmend nie. Dit is ook goed so, want oor ’n onderwerp soos ‘wie die baas van die taal is’, sal daar onvermydelik ’n verskil van mening wees.
Paul Mercken zegt
Inderdaad, de taalgebruikers, met name zij die de taal in kwestie als moedertaal gebruiken, zijn de baas van die taal in die zin dat zij de richtsnoer bepalen die men het best kan volgen. Daarmee sluit ik niet uit dat andere taalgebruikers, bijvoorbeeld immigranten, de taal kunnen beïnvloeden, maar dan moeten de moedertaalgebruikers die invloed wel eerst actief aanvaarden.
Jo Cuyx zegt
Zolang je op de middelbare school zit, bestaat er – descriptief én prescriptief – wel degelijk een baas van de taal: de leraar Nederlands.
Stan zegt
Ek vin dat die baas van die taal die societeit is. Mens wil dalk skrywe ou praat op 'n manier, wat van andere as "akseptabel" beskou word. As ons ons nie seker voel nie, wil ons deur andere verseker word. Dit gaan ook vir taal. Maar as daar geen "Académie" is wat alles beslis nie (soos in Engels, en, as ek vermoed, ook in Nederlands en Afrikaans), dan gaan elkeen van ons 'n 'autoriteit' soek. Die baas is dus 'n bietjie "the market"!
Willem zegt
Eintlik moet die antwoord gedeel word in twee dele. Om 'n voorbeeld te gee, die nuwe spellingsreëls wat ons ongeveer 20 jaar gelede gekry het is ' n duidelike voorbeeld van bedenksels wat deur ons Taalraad geneem is, daar is niemand van die taalgebruikers geraadpleeg nie! Daardie "deskundiges" het net die skeiding tussen Afrikaans en Nederlands groter gemaak. Daar is ook soiets as spreektaal, die taal wat deur die mense gebruik word en elke area in 'n land het so se eie taalgebruik, ook wel dialek genoem. Suiwer taalgebruik, baie sê dat ons in Holland dit slegs in die omgewing van Haarlem sal hoor. Ek weet nie, ek glo dat die Haarlemmers ook hulle eie versie van Nederlands ontwikkel hê. Dus wie is die baas van 'n taal? Die antwoord is nie maklik te gee nie. Die spreektaal word deur die mense gebruik, die reëls word deur die Taalraad gemaak én op ondemokratiese wyse geimplementeer en ingevoer….Dalk kan 'n mens sê dat die bevolking heeltemal nie geinteresseer sal wees nie maar dit sal van land tot land verskil. Daar is byvoorbeeld baie verskille tussen hoe die Afrikaans sprekendes met hulle taal omgaan en hoe die Hollanders dit doen. En dit het ook 'n oorsaak maar dit gaan te ver in hierdie diskussie..