• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Wie is de baas over de taal?

16 juli 2013 door Redactie Neder-L 4 Reacties

Door Wannie Carstens

Wannie Carstens is hoogleraar Afrikaanse taalkunde en lid van de Afrikaanse Taalraad. Hij zal vanaf nu regelmatig in zijn moedertaal bijdragen aan Neder-L.

Op 15 Junie vanjaar was daar in Leiden ‘n publieke simposium wat georganiseer is deur die Leiden University Centre for Linguistics (LUCL) van die Universiteit Leiden. Hierdie simposium is aangebied in die bekende Academiegebou op die Rapenburg in Leiden.  Die organiseerders van die byeenkoms was proff. Jaap de Jong en Marc van Oostendorp, beide verbonde aan LUCL. Die simposium is besonder goed bygewoon en die saal was vol. En dit op ‘n Saterdagmiddag! Die kwessie van taal is duidelik van groot belang vir Nederlanders en dit is ook goed so. Die aanwesiges het volgens wat ek kon waarneem, uit ‘n groot verskeidenheid velde gekom: akademici, onderwysers (leraars), studente, belangstellende lede van die publiek.

Die sprekers het ook uit ‘n verskeidenheid vertrekpunte gekom:
Jan Renkema uit Tilburg (die skrywer van die hoogs suksesvolle taalgids Schrijfwijzer), Joop van der Horst uit Leuven (die skrywer van Het einde van de standaardtaal), Ingrid Tieken-Boon van Ostade (akademikus van Leiden), Jeroen Widenhof (van Leiden), Ilja Leonard Pfeijfer (van die buiteland) en ook Geert Joris (die nuwe hoof van die Nederlandse Taalunie). Uit hierdie oorde het daar vanselfsprekend ‘n hele aantal gesigspunte na vore gekom, nie almal ooreenstemmend nie. Dit is ook goed so, want oor ’n onderwerp soos ‘wie die baas van die taal is’, sal daar onvermydelik ’n verskil van mening wees.

Die vraag of daar wel ‘n baas van die taal is, is moeilik om te beantwoord. Wie sal die verantwoordelikheid opneem om die taal vir hom/haar op te eis? Is dit hoegenaamd moontlik om dit te doen? Is dit net een persoon wat die ‘baas’ sal wees, of andersins dan ‘n ‘groep’? Wie is hierdie persoon of persone?
Ons almal weet daar is so ‘n groot verskeidenheid sprekers van ‘n taal dat dit bykans onmoontlik is om selfs ooreen te kom oor wat die neutrale vorm van kommunikasie, d.w.s. die standaardvariëteit van ’n taal (soos van Nederlands of Afrikaans), is. Selfs daaroor verskil taalkundiges heftig. Joop van der Horst is selfs van mening dat die standaardvariëteite van tale nie meer lank nodig sal wees nie.
Ek gee graag my eie standpunt hier weer oor hoe ek die saak sien en spesifiek met betrekking tot Afrikaans. Die publiek, d.w.s. die taalgebruikers, soek die een of ander vorm van ‘leiding’ as hulle die taal skryf. Anders sou daar nie reeds meer as 450 000 kopieë van Schrijfwijzer in Nederland en Vlaandere verkoop het nie as daar nie ‘n behoefte was nie. Daar is ook ooreenstemmende bronne in Afrikaans beskikbaar, soos my eie Norme vir Afrikaans (2011, 5de uitgawe) waarvan reeds meer as 45 000 verkoop het.  Die aanvraag is dus daar.
Die vraag word so dikwels gestel wat die basis is vir die skryfleiding in hierdie en ander boeke oor skryfhulp. Dit kom voor asof daar na taalkundiges gekyk word om hier die leiding te gee. Dit is waarskynlik ’n verantwoordelikheid wat sommige taalkundiges nie sal wil dra nie! Wat taalkundiges wel doen, is om op basis van hulle waarneming oor die gebruik van die taal te beskryf (deskripsie) hoe die tipiese patrone van die taal daaruit sien.
Taalkundiges is naamlik gewoonlik opgeleide persone.  Hierdie persoon, of dikwels persone (want instansies neem ook soms die leiding, soos die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns rakende die Afrikaanse spelling wat gereflekteer word in die Afrikaanse woordelys en spelreëls), durf nie lukraak oordele vel en op grond van onder andere persoonlike voorkeur ’n gebruiksreël vestig nie. Hierdie persoon (persone) moet juis op grond van opleiding (oor hoe die taal diachronies ontwikkel het en sinchronies gebruik word) en ervaring (oor hoe die taal in werklikheid gebruik word) die patrone beoordeel en dan ’n uitspraak maak (wat dan preskriptief gebruik kan word). Dit is dus duidelik nie die taak van enige taalgebruiker om te sê “só word die taal gebruik” nie, maar eerder van persone wat wéét hoe die taal werk, wat weet hoe veranderinge weerspieël word en dan op basis daarvan die bestaande gebruikspatroon aandui.
Vanselfsprekend bly hierdie vorme nie altyd dieselfde nie, want sprekersgemeenskappe verander voortdurend volgens generasies. Patrone as sodanig sal daarom ook verander, want taal is en bly dinamies. Die verskil tussen deskripsie en preskripsie is daarom eenvoudig: persone wat deskriptief te werk gaan, sê hoe taal gebruik word (gebaseer op empiriese kontrole) en persone wat preskriptief te werk gaan, sê hoe taal gebruik behoortte word.
Maak hierdie manier van doen die taalkundiges nou die ‘baas van die taal’? By verre nie omdat taalkundiges primêr ’n waarnemersrol vertolk en derhalwe adviserend optree. Wie is dan die baas van die taal? Waarskynlik die gebruikers van die taal self. Die verantwoordelikheid vir hulp en leiding word bloot gedelegeer aan diegene wat in staat is om hierdie leiding te kan gee.
Ek hoor graag hoe ander persone die saak sien en ek word ook graag reggewys as ek verkeerd dink.

Delen:

  • Klik om af te drukken (Opent in een nieuw venster) Print
  • Klik om dit te e-mailen naar een vriend (Opent in een nieuw venster) E-mail
  • Klik om te delen op Facebook (Opent in een nieuw venster) Facebook
  • Klik om te delen op WhatsApp (Opent in een nieuw venster) WhatsApp
  • Klik om te delen op Telegram (Opent in een nieuw venster) Telegram
  • Klik om op LinkedIn te delen (Opent in een nieuw venster) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Artikel Tags: Afrikaans, Gastcolumns, taaladvies, taalbeleid, taalkunde, taalnormen

Lees Interacties

Reacties

  1. Paul Mercken zegt

    17 juli 2013 om 14:04

    Inderdaad, de taalgebruikers, met name zij die de taal in kwestie als moedertaal gebruiken, zijn de baas van die taal in die zin dat zij de richtsnoer bepalen die men het best kan volgen. Daarmee sluit ik niet uit dat andere taalgebruikers, bijvoorbeeld immigranten, de taal kunnen beïnvloeden, maar dan moeten de moedertaalgebruikers die invloed wel eerst actief aanvaarden.

    Beantwoorden
  2. Jo Cuyx zegt

    18 juli 2013 om 10:29

    Zolang je op de middelbare school zit, bestaat er – descriptief én prescriptief – wel degelijk een baas van de taal: de leraar Nederlands.

    Beantwoorden
  3. Stan zegt

    19 juli 2013 om 04:17

    Ek vin dat die baas van die taal die societeit is. Mens wil dalk skrywe ou praat op 'n manier, wat van andere as "akseptabel" beskou word. As ons ons nie seker voel nie, wil ons deur andere verseker word. Dit gaan ook vir taal. Maar as daar geen "Académie" is wat alles beslis nie (soos in Engels, en, as ek vermoed, ook in Nederlands en Afrikaans), dan gaan elkeen van ons 'n 'autoriteit' soek. Die baas is dus 'n bietjie "the market"!

    Beantwoorden
  4. Willem zegt

    15 maart 2015 om 11:11

    Eintlik moet die antwoord gedeel word in twee dele. Om 'n voorbeeld te gee, die nuwe spellingsreëls wat ons ongeveer 20 jaar gelede gekry het is ' n duidelike voorbeeld van bedenksels wat deur ons Taalraad geneem is, daar is niemand van die taalgebruikers geraadpleeg nie! Daardie "deskundiges" het net die skeiding tussen Afrikaans en Nederlands groter gemaak. Daar is ook soiets as spreektaal, die taal wat deur die mense gebruik word en elke area in 'n land het so se eie taalgebruik, ook wel dialek genoem. Suiwer taalgebruik, baie sê dat ons in Holland dit slegs in die omgewing van Haarlem sal hoor. Ek weet nie, ek glo dat die Haarlemmers ook hulle eie versie van Nederlands ontwikkel hê. Dus wie is die baas van 'n taal? Die antwoord is nie maklik te gee nie. Die spreektaal word deur die mense gebruik, die reëls word deur die Taalraad gemaak én op ondemokratiese wyse geimplementeer en ingevoer….Dalk kan 'n mens sê dat die bevolking heeltemal nie geinteresseer sal wees nie maar dit sal van land tot land verskil. Daar is byvoorbeeld baie verskille tussen hoe die Afrikaans sprekendes met hulle taal omgaan en hoe die Hollanders dit doen. En dit het ook 'n oorsaak maar dit gaan te ver in hierdie diskussie..

    Beantwoorden

Laat een reactie achter bij Paul MerckenReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Frans Budé • Parkscènes

Hij begroet de bomen, zwaait naar de eenden
in de vijver, de blinkende kiezels op de bodem.

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Chris van Geel

De koeien schemeren door de heg,
het paard is uit taaitaai gesneden,
in ieder duindal ligt dun sneeuw.

De branding vlecht een veren zee
waar zon over omhoog stijgt, licht waarin
geen plaats om uit te vliegen is.

Bron: Uit de hoge boom geschreven, 1967

➔ Bekijk hier alle citaten

Agenda

11 december 2025: Anne Frank, schrijfster

11 december 2025: Anne Frank, schrijfster

3 december 2025

➔ Lees meer
11 december 2025: Proefcollege Nederlands

11 december 2025: Proefcollege Nederlands

2 december 2025

➔ Lees meer
5 december 2025: Intreerede Jolyn Philips

5 december 2025: Intreerede Jolyn Philips

28 november 2025

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1946 Dick Wortel
➔ Neerlandicikalender

Media

Dichter Esther Jansma (24 december 1958-23 januari 2025)

Dichter Esther Jansma (24 december 1958-23 januari 2025)

2 december 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
De postkoloniale podcast met Remco Raben over Pramoedya Ananta Toer

De postkoloniale podcast met Remco Raben over Pramoedya Ananta Toer

30 november 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Peter van Zonneveld over Tjalie Robinson/Vincent Mahieu (1993)

Peter van Zonneveld over Tjalie Robinson/Vincent Mahieu (1993)

29 november 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2025 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d