’n Vroeg Gesproke Africaansch Skets
Vroeg Gesproke Africaansch (VGA) bring die verlede tot lewe met gedramatiseerde opvoerings en moderne video-sketsverwerkings van 1800’s Suid-Afrikaanse tekste. Hierdie derde VGA-skets is ’n komiese verwerking van ’n brief wat in 1844 in Het Kaapsche Grensblad verskyn het — oor ’n sogenaamde kopdokter wat glo mense se geaardheid kon bepaal deur aan hul koppe te voel.
Waaroor gaan die skets?
’n Boer vertel hoe hy die kopdokter besoek het. Ná pynlike gekopdruk en ’n sertifikaat vol Engelse beledigings, ontvang hy later ’n tweede dokument — met teenstrydige inhoud! Hy begin vermoed die dokter is besig met, soos die Engelsman sê, “humbug”!
Waar kom dit vandaan?
Die oorspronklike brief, gepubliseer in 1844, is ’n satiriese beskrywing van ’n frenoloog se besoek aan Graaff-Reinet. Die skrywer vertel hoe hy, omdat almal soontoe stroom, besluit het om self ook te gaan — want as almal gaan, kan dit tog waar wees!
Laat een reactie achter