• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Die leksikograaf als ekostryder

25 juni 2014 door Redactie Neder-L Reageer

Deur Fred Pheiffer

In die hersiening van ’n gevestigde woordeboek, een wat al ’n hele paar dekades oud is, kry die leksikograaf dikwels nie net met konkrete hersieningskwessies te doen nie, maar ook nie-konkrete. Konkrete hersieningskwessies het byvoorbeeld te doen met woorde en uitdrukkings wat verouderd geraak het en met betekenisverskuiwing, op grond van die taalaanvoeling van een of meer leksikograwe of korpusvoorbeelde en -statistieke. Nie-konkrete hersieningskwessies is moeiliker om te bepaal en het veral te doen met die gees van die tyd waarin ’n woordeboek saamgestel of daadwerklik hersien is en die lewensuitkyk van ’n leksikograaf. So ’n tydsgees of lewensuitkyk kan ’n invloed hê op die manier waarop woorde en uitdrukkings vertolk word, en die voorbeeldmateriaal wat gekies word. Waar vertolkings en voorbeeldmateriaal te nou aan ’n bepaalde tydperk verbind is, of die hebbelikhede van ’n bepaalde leksikograaf weerspieël, word die rakleeftyd van vertolkings en voorbeeldmateriaal beperk, en die volgende geslag woordeboekgebruikers vind al hoe minder aanklank daarby.

’n Tydsgebonde tydsgees of lewensuitkyk wat grotendeels al uit die meeste vooraanstaande woordeboeke geweer is, is woorde, vertolkings en voorbeeldmateriaal wat as rassisties beskou kan word. Insgelyks het daar met verloop van tyd groter gevoeligheid by woordeboekmakers ontwikkel vir byvoorbeeld nie-Westerse gelowe en kulture, en vir minderheidsgroepe soos dié wat aan geestesongesteldhede ly. In Suid-Afrika was die verandering in tydsgees uiteraard redelik skerp aangetoon met die koms van die nuwe demokratiese bestel in die middel van die 1990’s. Daarmee saam het die samelewing verander van een waarin regte eksklusief verskans is en ’n geselekteerde kultuur bevorder is, na een waarin algemene menseregte grondwetlik gewaarborg is, en waarin die kulture van die land inklusiewer bevorder is.

Vraag is egter in watter mate hierdie nuwe inklusiwiteit in die voorstaande Afrikaanse verklarende woordeboeke en vertalende woordeboeke met Engels en Afrikaans weerspieël word. Gee hierdie woordeboeke in hul vertolkings en voorbeeldmateriaal te kenne die meerderheid Afrikaanssprekendes is verstedelik, of is dié woordeboeke nog vasgevang in die agrariese idioom van ouds? Gee hierdie woordeboeke erkenning aan ’n grondwet wat lyfstraf verban, of is hulle nog gevul met idiome en uitdrukkings wat fisiese aanranding as tema het? Hoewel anekdotiese getuienis daarop dui hierdie soort idiomatiek vier nog slegs in sportjoernalistiek bot, is die vernuwing van die idiomatiek in Afrikaanse woordeboeke al dan nie ’n terrein ryp vir navorsing.

’n Verdere fenomeen wat ek onlangs opgemerk het, is hoe diereregte en die omgewing in die vertolkings en voorbeeldmateriaal van Afrikaanse woordeboeke behandel word. ’n Paar inskrywings uit die vyfde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal het my opgeval.

olifant s.nw. groot, plantetende soogdier van Afrika en Asië met ’n lang, buigsame slurp, waaiervormige ore en waardevolle ivoortande.
potvis s.nw. baie groot tandwalvis met groot, keëlvormige tande net in die onderkaak, geen balein, en wat 18 m lank word en olie van die hoogste gehalte lewer.
skeurtandhaai s.nw. soort mensvreterhaai.
skilpadsop s.nw. sop gekook van die seeskilpad.

Wat by drie van hierdie inskrywings uitstaan, is hoe die ekonomiese waarde van hierdie diere deel uitmaak van die omskrywings van hierdie leksikale items. Die olifant word uitgeken aan sy waardevolle ivoortande, die potvis aan sy hoëgehalteolie, en die seeskilpad aan die sop wat daar van hom gekook kan word. Hierdie diere word dus beskou as prooi vir jagters, kommoditeite wat ekonomies uitgebuit kan word. In die lig van die internasionale konvensies wat hierdie diere beskerm, is hierdie ’n volslae verouderde benadering. Om die skeurtandhaai as ’n mensvreterhaai te beskryf, is ook tekenend van ’n uitgediende siening dat alle groot haaie bloeddorstige monsters is met ’n voorliefde vir mensvleis. Geen aanvalle deur skeurtandhaaie op mense is geboekstaaf nie; trouens, dié haaie is bekend vir hul rustigheid, ’n karaktertrek wat hulle ’n populêre keuse maak om in akwaria aangehou te word.

Dat só ’n onverskillige houding teenoor natuurlewe nog in die 1960’s, toe die HAT oorspronklik saamgestel is, aanvaarbaar was, is dalk nog verstaanbaar, maar dat dié houding tot in die 2005-uitgawe van die HAT oorleef het, is nogal skreiend.

Delen:

  • Klik om af te drukken (Opent in een nieuw venster) Print
  • Klik om dit te e-mailen naar een vriend (Opent in een nieuw venster) E-mail
  • Klik om te delen op Facebook (Opent in een nieuw venster) Facebook
  • Klik om te delen op WhatsApp (Opent in een nieuw venster) WhatsApp
  • Klik om te delen op Telegram (Opent in een nieuw venster) Telegram
  • Klik om op LinkedIn te delen (Opent in een nieuw venster) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Artikel Tags: Afrikaans, Gastcolumns, lexicografie, taalkunde, woordenboeken

Lees Interacties

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Sint Nicolaas

Zie eens, Mietje! wat al lekkers
U, Sint Nicolaas al bragt;
Omdat ge’ als gehoorzaam Meisje,
Uw verpligting hebt volbragt.

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Chris van Geel

De koeien schemeren door de heg,
het paard is uit taaitaai gesneden,
in ieder duindal ligt dun sneeuw.

De branding vlecht een veren zee
waar zon over omhoog stijgt, licht waarin
geen plaats om uit te vliegen is.

Bron: Uit de hoge boom geschreven, 1967

➔ Bekijk hier alle citaten

Agenda

11 december 2025: Anne Frank, schrijfster

11 december 2025: Anne Frank, schrijfster

3 december 2025

➔ Lees meer
11 december 2025: Proefcollege Nederlands

11 december 2025: Proefcollege Nederlands

2 december 2025

➔ Lees meer
5 december 2025: Intreerede Jolyn Philips

5 december 2025: Intreerede Jolyn Philips

28 november 2025

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1946 Dick Wortel
➔ Neerlandicikalender

Media

Dichter Esther Jansma (24 december 1958-23 januari 2025)

Dichter Esther Jansma (24 december 1958-23 januari 2025)

2 december 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
De postkoloniale podcast met Remco Raben over Pramoedya Ananta Toer

De postkoloniale podcast met Remco Raben over Pramoedya Ananta Toer

30 november 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Peter van Zonneveld over Tjalie Robinson/Vincent Mahieu (1993)

Peter van Zonneveld over Tjalie Robinson/Vincent Mahieu (1993)

29 november 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2025 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d