• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
    • Chris van Geel
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Die leksikograaf als ekostryder

25 juni 2014 door Redactie Neder-L Reageer

Deur Fred Pheiffer

In die hersiening van ’n gevestigde woordeboek, een wat al ’n hele paar dekades oud is, kry die leksikograaf dikwels nie net met konkrete hersieningskwessies te doen nie, maar ook nie-konkrete. Konkrete hersieningskwessies het byvoorbeeld te doen met woorde en uitdrukkings wat verouderd geraak het en met betekenisverskuiwing, op grond van die taalaanvoeling van een of meer leksikograwe of korpusvoorbeelde en -statistieke. Nie-konkrete hersieningskwessies is moeiliker om te bepaal en het veral te doen met die gees van die tyd waarin ’n woordeboek saamgestel of daadwerklik hersien is en die lewensuitkyk van ’n leksikograaf. So ’n tydsgees of lewensuitkyk kan ’n invloed hΓͺ op die manier waarop woorde en uitdrukkings vertolk word, en die voorbeeldmateriaal wat gekies word. Waar vertolkings en voorbeeldmateriaal te nou aan ’n bepaalde tydperk verbind is, of die hebbelikhede van ’n bepaalde leksikograaf weerspieΓ«l, word die rakleeftyd van vertolkings en voorbeeldmateriaal beperk, en die volgende geslag woordeboekgebruikers vind al hoe minder aanklank daarby.

’n Tydsgebonde tydsgees of lewensuitkyk wat grotendeels al uit die meeste vooraanstaande woordeboeke geweer is, is woorde, vertolkings en voorbeeldmateriaal wat as rassisties beskou kan word. Insgelyks het daar met verloop van tyd groter gevoeligheid by woordeboekmakers ontwikkel vir byvoorbeeld nie-Westerse gelowe en kulture, en vir minderheidsgroepe soos diΓ© wat aan geestesongesteldhede ly. In Suid-Afrika was die verandering in tydsgees uiteraard redelik skerp aangetoon met die koms van die nuwe demokratiese bestel in die middel van die 1990’s. Daarmee saam het die samelewing verander van een waarin regte eksklusief verskans is en ’n geselekteerde kultuur bevorder is, na een waarin algemene menseregte grondwetlik gewaarborg is, en waarin die kulture van die land inklusiewer bevorder is.

Vraag is egter in watter mate hierdie nuwe inklusiwiteit in die voorstaande Afrikaanse verklarende woordeboeke en vertalende woordeboeke met Engels en Afrikaans weerspieΓ«l word. Gee hierdie woordeboeke in hul vertolkings en voorbeeldmateriaal te kenne die meerderheid Afrikaanssprekendes is verstedelik, of is diΓ© woordeboeke nog vasgevang in die agrariese idioom van ouds? Gee hierdie woordeboeke erkenning aan ’n grondwet wat lyfstraf verban, of is hulle nog gevul met idiome en uitdrukkings wat fisiese aanranding as tema het? Hoewel anekdotiese getuienis daarop dui hierdie soort idiomatiek vier nog slegs in sportjoernalistiek bot, is die vernuwing van die idiomatiek in Afrikaanse woordeboeke al dan nie ’n terrein ryp vir navorsing.

’n Verdere fenomeen wat ek onlangs opgemerk het, is hoe diereregte en die omgewing in die vertolkings en voorbeeldmateriaal van Afrikaanse woordeboeke behandel word. ’n Paar inskrywings uit die vyfde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal het my opgeval.

olifant s.nw. groot, plantetende soogdier van Afrika en AsiΓ« met ’n lang, buigsame slurp, waaiervormige ore en waardevolle ivoortande.
potvis s.nw. baie groot tandwalvis met groot, keΓ«lvormige tande net in die onderkaak, geen balein, en wat 18 m lank word en olie van die hoogste gehalte lewer.
skeurtandhaai s.nw. soort mensvreterhaai.
skilpadsop s.nw. sop gekook van die seeskilpad.

Wat by drie van hierdie inskrywings uitstaan, is hoe die ekonomiese waarde van hierdie diere deel uitmaak van die omskrywings van hierdie leksikale items. Die olifant word uitgeken aan sy waardevolle ivoortande, die potvis aan sy hoΓ«gehalteolie, en die seeskilpad aan die sop wat daar van hom gekook kan word. Hierdie diere word dus beskou as prooi vir jagters, kommoditeite wat ekonomies uitgebuit kan word. In die lig van die internasionale konvensies wat hierdie diere beskerm, is hierdie ’n volslae verouderde benadering. Om die skeurtandhaai as ’n mensvreterhaai te beskryf, is ook tekenend van ’n uitgediende siening dat alle groot haaie bloeddorstige monsters is met ’n voorliefde vir mensvleis. Geen aanvalle deur skeurtandhaaie op mense is geboekstaaf nie; trouens, diΓ© haaie is bekend vir hul rustigheid, ’n karaktertrek wat hulle ’n populΓͺre keuse maak om in akwaria aangehou te word.

Dat sΓ³ ’n onverskillige houding teenoor natuurlewe nog in die 1960’s, toe die HAT oorspronklik saamgestel is, aanvaarbaar was, is dalk nog verstaanbaar, maar dat diΓ© houding tot in die 2005-uitgawe van die HAT oorleef het, is nogal skreiend.

Delen:

  • Afdrukken (Opent in een nieuw venster) Print
  • E-mail een link naar een vriend (Opent in een nieuw venster) E-mail
  • Share op Facebook (Opent in een nieuw venster) Facebook
  • Delen op WhatsApp (Opent in een nieuw venster) WhatsApp
  • Delen op Telegram (Opent in een nieuw venster) Telegram
  • Delen op LinkedIn (Opent in een nieuw venster) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Artikel Tags: Afrikaans, Gastcolumns, lexicografie, taalkunde, woordenboeken

Lees Interacties

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Alfred Kossmann β€’ Feestdag

De kinderen bliezen kartonnen trompetten
(Wie een toeter heeft op een feestdag moet
Aan één stuk toeteren – geen mens kan ’t beletten –
Tot hij gaar in het hoofd wordt en raar ter been)

βž” Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Vlaggetjes

Met een snotneus
kun je geen bier halen

Bron: Joost Broere

βž” Bekijk hier alle citaten

Agenda

8 mei 2026: Symposium Onsterfelijke dood

8 mei 2026: Symposium Onsterfelijke dood

26 april 2026

βž” Lees meer
30 april 2026: Kampliteratuur van Charlotte Delbo

30 april 2026: Kampliteratuur van Charlotte Delbo

25 april 2026

βž” Lees meer
16 mei 2026: Hommage In de Knipscheer

16 mei 2026: Hommage In de Knipscheer

22 april 2026

βž” Lees meer
βž” Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1854 Johannes Franck
1946 Ton Vallen
1947 Astrid Roemer
sterfdag
1936 Frederik Stoett
βž” Neerlandicikalender

Media

Sanneke van Hassel en Bert Paasman over Elisabeth Maria Post

Sanneke van Hassel en Bert Paasman over Elisabeth Maria Post

26 april 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

βž” Lees meer
In gesprek met literaire duizendpoot Jonathan Van Der Horst

In gesprek met literaire duizendpoot Jonathan Van Der Horst

22 april 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

βž” Lees meer
The perks of literature – with Jeroen Dera

The perks of literature – with Jeroen Dera

22 april 2026 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

βž” Lees meer
βž” Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Gebruiksvoorwaarden
  • PrivacyΒ­verklaring
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2026 Β· Magazine Pro on Genesis Framework Β· WordPress Β· Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d