• Door naar de hoofd inhoud
  • Skip to secondary menu
  • Spring naar de eerste sidebar
  • Spring naar de voettekst
Neerlandistiek. Online tijdschrift voor taal- en letterkunde

Neerlandistiek

Online tijdschrift voor taal- en letterkundig onderzoek

  • Over Neerlandistiek
  • Contact
  • Homepage
  • Categorie
    • Neerlandistiek voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal

Nederlandse oues leef voort in Afrikaans

15 oktober 2015 door 1 Reactie

Door Jana Luther

Taal verander. Nederlands verander. Aan die een kant kom daar nuwe woorde by. Aan die ander kant is daar woorde wat geleidelik al hoe minder geskryf word, ál minder gehoor word, totdat hulle stil-stil uit die taal verdwyn en mettertyd vergete raak.

In Het Nieuwe Verdwijnwoordenboek (pas verskyn by Uitgeverij de Weideblik) belig Ton den Boon ’n stuk of duisend van hierdie verdwynende en verdwene woorde van twintigste-eeuse Nederlands. Mooi, interessante woorde soos aantokkeling, besjoechelen, commiesbrood, fielebout, katijverig, en meer.

Vir die deursnee-Afrikaanssprekende sal baie van die woorde in hierdie versameling waarskynlik heeltemal onbekend wees, dink ek toe ek eergister die aantreklike eksemplaar ter (koue) hand neem (in Oktober moet ’n Suid-Afrikaner Nederland nie sonder handskoene aandurf nie!).

’n Tweede groep lemmas sal vir Afrikaansgebruikers dalk nog vaagweg bekend voorkom; woorde wat aan die Hooghollands van ons oorgrootjies herinner – Nederlands soos wat dit vroeër in Suid-Afrika amptelik geskryf en gedoseer is, soos dit nog in ou Afrikaanse tekste van honderd jaar en langer gelede staan.

Maar daar behoort ook ’n derde groep te wees: woorde wat uit hedendaagse Nederlands verdwyn (het), maar wat ons vandag, in eietydse Afrikaans, nog daagliks gebruik. Oor hierdie klompie is ek nuuskierig. Hoeveel sou daar wees?

Minder as wat ek verwag het. Maar ’n vinnige lemmatelling lewer tog die volgende handjie vol op. Meestal met dieselfde betekenis as in Nederlands; soms met ’n effens ander betekenis.

jongmens
Afrikaans: jeugdige persoon.* Frekwensietelling in die argief van die Afrikaanse dagblad Die Burger (DB): 5 441. | Onlangse voorbeeld uit die koerant: Die matriekeksamen is ’n stresvolle tyd vir jongmense. (7/2015)
kwansuis
skynbaar; vir die skyn; na bewering … (maar nie werklik nie); kastig; kamma. DB: 3 185. | Dit is ’n goeie rekord vir ’n krieketspan wat kwansuis nie teen draaiboulers kan speel nie. (9/2015)
bewaarskool
plek waar klein kindertjies opgepas word, met of sonder ’n kleuterskool daaraan verbonde. DB: 1 880. | Sy beklemtoon dat ’n kleuterskool by die werkplek nie net ’n bewaarskool kan wees waar babas of peuters bedags opgepas word nie. “Ons verskaf opvoeding en stimulasie aan die kinders en stel spesifieke leerdoelwitte.” (2/2015)
sinneloos
sonder doel; dwaas. DB: 1 066. | Brig. Piet Wolfaard het op sy beurt polisielede gewaarsku om ten alle tye op hul hoede te wees, omdat hulle deesdae die teikens van sinnelose moorde is. (9/2015)
astrant
parmantig; vrypostig; opstandig. DB: 941 | Dit is as gevolg van die uitlatings wat astrante mense soos jy maak dat daar nooit vrede en verdraagsaamheid in hierdie land sal wees nie. (4/2015) | (Ook figuurlik) Die [Opel] Mokka het ’n astrante voorkoms en is klaarblyklik op die jongklomp gemik. (5/2015)
banknoot
papiergeld oorspronklik deur ’n bank, later deur die staat uitgegee; noot. DB: 519 | Sy nalatenskap word regoor die wêreld in museums en selfs op banknote vereer, maar nou word Madiba se naam ook verewig met ’n karamel-gegeurde bier. (10/2015)
kaskenades
(slegs meervoud) ondeunde streke; kattekwaad. DB: 519 | Hy en sy dogter het net hul voete in die hotel gesit of die kaskenades begin. (5/2015)
kaalgat
(plat) b.nw. 1. sonder klere aan; kaal; naak. 2. (figuurlik) brandarm; bankrot; kaal. | s.nw. 1. iemand sonder klere aan. 2. (figuurlik) iemand wat niks besit nie. DB: 506 | Op die middelmannetjie het ’n man gestaan. Kaalgat, behalwe vir ’n stukkie lap om sy lendene. (5/2015)
bloedskande
geslagsgemeenskap tussen bloedverwante wat volgens wet nie met mekaar mag trou nie. DB 503 | “Vir my is Mankell die Skandinawiese letterkunde se antwoord op Georges Simenon: spaars, min woorde, maar onder draai die duiwels rond van bloedskande, ouermoord en wat nog. (10/2015)
(ge)fuif
aan ’n vrolike eet-en-drinkparty (fuifpartytjie) deelneem. DB: 330 | Sy regspan het volgehou dat die gefuif in die tronk dalk ’n oortreding van tronkreëls sou wees, maar nié ’n oortreding van sy paroolvoorwaardes nie. (3/2015)
geldgierig
met ’n sterk begeerte na geld; geldsugtig; hebsugtig. DB: 327 | Ongevoelige, geldgierige mense hoort nie in dié bedryf nie. (9/2015)
smokkelkroeg
onwettige drinkplek/kroeg. DB: 318 | Dit is baie moeilik om in informele nedersettings te onderskei tussen ’n wettige kroeg en ’n smokkelkroeg,” sê Jaco. (4/2015)
jammerhartig
wat ander maklik jammer kry; wat maklik jammer voel vir iemand; met ’n medelydende, gevoelige hart. DB: 54 | Kort voor lank berig die Amerikaanse pers oor die aangrypende storie van ’n president wat te jammerhartig was om ’n beer te skiet. (7/2015)
vuilbaard
1. leeu. 2. hond. 3. man met ’n onversorgde baard, wat lank laas geskeer het. DB: 54 | Douvoordag elke dag het hy en ’n span spoorsnyers die leeu se spoor gevat – elkeen van die 300 km wat die vuilbaard die afgelope drie weke in die Karoo afgelê het. (7/2015)
potjierol
iemand wat vet is; iemand met ’n plomp/stewige lyf; dikkerd. DB: 48 | Die gedagte aan […] plaasbotter op […] plaasbrood gee my koorsdrome. My twee potjierol-oumas wat my kleintyd daaraan bekend gestel het, het albei die negentigs gehaal. (7/2014)
aamborstig
met slym op die bors; asmaties; kortasem; benoud. DB: 30 | Dylan sukkel op ’n goeie dag om middel-C te tref, en op Shot of Love van 1981 is hy selfs meer aamborstig as gewoonlik. (04/2015)

*Verklarings uit die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 6de uitgawe, 2015.

Ton den Boon. Het nieuwe verdwijnwoordenboek. Uitgeverij De weideblik, 2015. Bestelinformatie bij de uitgever.

Delen:

  • Klik om af te drukken (Wordt in een nieuw venster geopend) Print
  • Klik om dit te e-mailen naar een vriend (Wordt in een nieuw venster geopend) E-mail
  • Klik om te delen op Facebook (Wordt in een nieuw venster geopend) Facebook
  • Klik om te delen op WhatsApp (Wordt in een nieuw venster geopend) WhatsApp
  • Klik om te delen op Telegram (Wordt in een nieuw venster geopend) Telegram
  • Klik om op LinkedIn te delen (Wordt in een nieuw venster geopend) LinkedIn

Vind ik leuk:

Vind-ik-leuk Aan het laden...

Gerelateerd

Categorie: Artikel Tags: Afrikaans, Gastcolumns, recensies, taalkunde, woorden

Lees Interacties

Reacties

  1. Drabkikker zegt

    16 oktober 2015 om 18:17

    Potjierol, vuilbaard, kaalgat, ha! U begrijpt natuurlijk wel dat die woorden bij dezen alsnog in het hedendaags Nederlands heropgenomen gaan worden; in ieder geval in het mijne.

    Overigens kunnen bewaarschool, jongmens (Kuifje) en fuif (standaardbenaming voor de feesten op mijn middelbare school) in mijn beleving nog nét – maar goed, ik loop dan ook alweer tegen mijn vijfde decennium.

    Beantwoorden

Laat een reactie achterReactie annuleren

Deze site gebruikt Akismet om spam te verminderen. Bekijk hoe je reactie-gegevens worden verwerkt.

Primaire Sidebar

Gedicht van de dag

Jonathan Griffioen • Abnormale kinderen

Ja, Rutger Kopland is blauw.
M. Vasalis is blauwer,
veel blauwer, rode grond met blauwe
bergen. Kopland is grijzer, ik zag nooit
grijzer blauw.

➔ Lees meer

Bekijk alle gedichten

  • Facebook
  • YouTube

Agenda

21 juni 2025: J.H. Leopold-lezing

21 juni 2025: J.H. Leopold-lezing

19 mei 2025

➔ Lees meer
10 juni 2025: Lezingenmiddag Indische Letteren

10 juni 2025: Lezingenmiddag Indische Letteren

19 mei 2025

➔ Lees meer
23 mei 2025: Nijmegen taalhoofdstad

23 mei 2025: Nijmegen taalhoofdstad

16 mei 2025

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle agendapunten

Neerlandici vandaag

geboortedag
1903 Cornelis Stutterheim
1904 Leendert van Dis
sterfdag
2020 Hugo Ryckeboer
➔ Neerlandicikalender

Media

Van Hogwarts naar Zweinstein

Van Hogwarts naar Zweinstein

20 mei 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
Verschenen: Romanreuzen

Verschenen: Romanreuzen

15 mei 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
25. alkalommal rendezték meg a Magyarországi Néderlandisztika Napját

25. alkalommal rendezték meg a Magyarországi Néderlandisztika Napját

15 mei 2025 Door Redactie Neerlandistiek Reageer

➔ Lees meer
➔ Bekijk alle video’s en podcasts

Footer

Elektronisch tijdschrift voor de Nederlandse taal en cultuur sinds 1992.

ISSN 0929-6514
Bijdragen zijn welkom op
redactie@neerlandistiek.nl
  • Homepage
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Over Neerlandistiek
  • De archieven
  • Contact
  • Facebook
  • YouTube

Inschrijven voor de Dagpost

Controleer je inbox of spammap om je abonnement te bevestigen.

Copyright © 2025 · Magazine Pro on Genesis Framework · WordPress · Log in

  • Homepage
  • Categorie
    • Voor de klas
    • Vertelcultuur
    • Naamkunde
  • Archief
    • 10 jaar taalcanon
    • 100 jaar Willem Frederik Hermans
  • E-books
  • Neerlandistische weblogs
  • Jong Neerlandistiek
  • Frisistyk
  • Mondiaal Neerlandistiek
  • Over Neerlandistiek
  • Contact
%d